Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ouma in hospitaal vasgebind: Partye skik

Die ondersoek na die voorval waarin ’n bejaarde vrou verlede jaar in die Mamelodi-hospitaal in Pretoria onder ’n ry stoele vasgebind is, is uiteindelik afgehandel.

’n Skikkingsooreenkoms is bereik ná ’n mediasieproses tussen die departement van gesondheid en die slagoffer se familie. Dit is met behulp van die Menseregtekommissie bereik en is gefasiliteer deur die afgetrede regter Neels Claasen van die SA Medico-regsvereniging (SAMLA).

Martha Marais lê vasgebind aan die hospitaal se stoele.

Foto’s en beeldmateriaal van die “onmenslike behandeling” van Martha Marais (76) van Eersterust, oos van Pretoria, het in Mei blitsig op sosiale media versprei.

Sy was op die vloer van die staatshospitaal met haar hande agter haar rug aan ’n stoel vasgebind.

Die voorval is by die polisie aangemeld.

Die departement van gesondheid het Sondag die uitkoms van die ondersoek na die voorval by Marais se huis bekend gemaak.

Luidens ’n verklaring deur die departement sal die partye in die saak nie die bepalings van die skikking bekend maak nie.

“Albei partye meen die skikking is omvattend en billik genoeg, aangesien dit regstelling en verbetering van ons protokol op die fasiliteit se vlak insluit,” sê dr. Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in die provinsie, in die verklaring.

Martha Marais

Die departement het geleer dat mediasie ’n suksesvolle manier kan wees om eise teen die departement op te los.

Masuku sê die departement is toegewyd tot menswaardigheid en die verbetering van gesondheidsorg.

“Hierdie kwartaal is een van ons strategiese prioriteite om pasiënte se ervaring van sorg te verbeter,” sê hy.

Hy het weer eens om verskoning gevra aan Marais en haar familie vir die trauma waardeur hulle is.

“Die departement het ’n verantwoordelikheid om te verseker dat dit nie weer gebeur nie. Dit is nou die tyd om die Marais-familie toe te laat om te genees en aan te gaan met hul lewe,” sê Masuku.

Virginia Keppler, die familie se woordvoerder, het op Facebook gesê hierdie hoofstuk is uiteindelik vir Marais afgehandel en dat ’n nuwe begin vir haar voorlê.

“Ouma Martha Marais het opgestaan teen die onreg wat sy aangedoen is en sy het oorwin. Niemand verdien om onmenslik behandel te word nie,” sê Keppler.

Sy kon nie Maandagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.