Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Pa gee drukkies ná seksdade’
06 September 2018

Nadat ’n vierjarige meisie seksuele dade met haar pa moes pleeg, het hy altyd vir haar drukkies gegee, het die Bloemfonteinse streekhof gehoor.

Die pa (41), ’n sakeman van Gardeniapark in Bloemfontein, het Woensdag geen emosie getoon nie terwyl dié getuienis deur Heidi Joubert, ’n maatskaplike werker, voor streeklanddros Jan Greyvenstein gelewer is.

Die pa van Gardeniapark in Bloemfontein Woensdag in die Bloemfonteinse streekhof. Foto: Alzane Narrain

’n Jong vrou wat die pa in die hof ondersteun het, het tydens Joubert se getuienis tranerig geword, opgestaan in die hofgalery waar sy gesit het, uitgestap en buite gaan huil.

Die pa ontken dat hy sy eie dogter en sy stiefseun verkrag en seksueel aangerand het toe hulle nog peuters was.

Luidens die klagstaat het die pa die seuntjie van 2012 tot 2016 en die meisie in 2016 verskeie kere verkrag.

Joubert het getuig die beweerde dade het aan die lig gekom toe die meisietjie uit die kleuterskool geskors is omdat sy seksuele gedrag teenoor haar maatjies getoon het.

Die meisie het in haar evaluering aan Joubert vertel: “Hy het iets met my gedoen.” Maar sy wou nie verder daaroor uitbrei nie.

In latere sessies het sy vertel hoe sy seksuele dade met haar pa moes pleeg. Sy het ook met poppe en legkaarte gewys wat haar pa aan haar gedoen het, het Joubert getuig.

Sy het vertel dat haar pa altyd ná die seksuele dade vir haar drukkies gegee het.

Joubert het getuig voordat die kind na haar verwys is, was daar ’n ondersoek teen die pa dat hy sy dogtertjie na bewering seksueel misbruik, maar die ondersoek is in 2015 weens ’n gebrek aan bewyse gestaak.

In ’n ondersoek in 2014 na die seun se emosionele toestand was daar reeds tekens dat hy seksueel misbruik word, maar hy wou nie daaroor praat nie.

Adv. Ronell Botha kla aan. Hanlie Fourie van Booysen en Fourie-prokureurs tree vir die man op.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Seksuele Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.