Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa gevonnis wat sy 4 kinders met byl, klip vermoor

’n Prokureur van Limpopo wat sy vier kinders verlede jaar vermoor het, kan nie gerehabiliteer word nie en is Vrydag tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Lucas Phasha (52) was op parool toe hy in Februarie verlede jaar drie van sy vier kinders, Katlego (9), Joyce (7) en Tshepo (5), met ’n byl doodgekap het.

Hy het sy jongste dogter, Adele (3), se kop met ’n groot klip verbrysel.

Sylvia Phasha by haar vier kinders, Katlego, Lucas, Joyce en Adele, wat deur hul pa vermoor is.

Die kinders se lyke is tussen bosse op ’n klipkoppie in Ga-Phasa naby Mecklenburg versteek, nie ver van Phasha se huis nie.

Regter Gerrit Muller het Vrydag in die hooggeregshof in Polokwane die moorde op die vier Phasha-kinders as gruwelik en skokkend beskryf.

Hy het Phasha op elk van die vier aanklagte van moord skuldig bevind. Hy het gesê Phasha kan nie gerehabiliteer word nie.

Phasha het in 2008 ’n tienerseun doodgeskiet en het tronkstraf vir die moord uitgedien. Hy was uit op parool toe hy verlede jaar sy kinders vermoor het.

Lucas Phasha (52) Vrydag in die hooggeregshof in Polokwane.

Hy het skuld ontken.

Phasha het op Facebook verskeie boodskappe geskryf waarin hy sy vrou, Sylvia, van verhoudings met ander mans beskuldig het.

In een van die boodskappe het hy geskryf: "Ek is moeg daarvoor om alleen by die kinders te bly."

Phasha het die dag nadat hy die kinders vermoor het aan ’n buurman vertel dat hy hulle doodgemaak het.

Adele Phasha (3) is verlede jaar deur haar pa, Lucas, in Limpopo vermoor.

Sylvia het in die verhoor teen hom getuig. Sy is erg getraumatiseerd deur die moorde op haar kinders en die hof moes etlike kere verdaag omdat sy te ontsteld was om met haar getuienis voort te gaan.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo, het Vrydag die hofsitting bygewoon en gesê mense soos Phasha moet permanent uit die samelewing verwyder word.

Lucas Phasha (52) van Limpopo is Vrydag skuldig bevind aan die moorde op sy vier kinders.
Meer oor:  Polokwane  |  Moord  |  Pa  |  Byl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.