Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa in hof ná hy babaseun glo aanrand

Terwyl ’n vier maande oue baba met veelvuldige beserings in die hospitaal is, het sy pa die afgelope week op aanklag van aanranding in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Die 28-jarige man van Arcadia, Pretoria, is aangekeer nadat hy gevlug en op straat geskuil het.

Foto’s van die baba met verskeie kneusplekke regoor sy gesig, sowel as van sy pa, is sedert die naweek versprei omdat die polisie en verskeie organisasies na die man gesoek het. Selfs van sy familielede het mense gevra om met inligting te help.

Die baba is later “Baba M” gedoop om sy identiteit te beskerm en die foto’s is verwyder.

Luidens die klagstaat het die beskuldigde, die kind se biologiese pa, hom op 23 Oktober in ’n woonstel in Sunnyside, waar die gesin gebly het, aangerand.

Die baba is met gebreekte ribbes, ’n gebreekte femur en verskeie gesigbeserings in die pediatriese afdeling opgeneem.

Wayne van Onselen van die Unchain Our Children-organisasie, sê dit blyk dat die kind se ouers in ’n argument betrokke was en die baba in die voorval beseer is.

Iemand het die polisie ontbied toe die argument tussen die ouers glo vererger het en die pa het toe gevlug.

Die polisie het die ma en baba na die hospitaal geneem.

“Die baba is met gebreekte ribbes, ’n gebreekte femur en verskeie gesigbeserings in die pediatriese afdeling opgeneem. Hulle skat hy sal waarskynlik nog drie weke in die hospitaal wees,” sê Van Onselen.

Die polisie, Unchain Our Children en verskeie ander organisasies het onverpoos na die pa gesoek.

“Ons het Sunnyside se strate deursoek, baie inligting saam met die polisie opgevolg, insluitende moontlike adresse, maar sonder sukses. Ek het laat weet dat ons ’n beloning aanbied vir inligting wat tot die pa se opsporing sal lei.

“Maandag om 23:20 het ons inligting ontvang dat hy by ’n sekere vulstasie is en het hom opgespoor. Hy is deur ’n polisielid wat saam met ons was, gearresteer,” sê Van Onselen.

Die saak is vir verdere ondersoek tot November uitgestel en om die pa se adres te bevestig, sou hy oorweeg om ’n aansoek om borgtog in te dien.

Meer oor:  Gauteng  |  Baba  |  Hof  |  Pa  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.