Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa, ma en dogter kry lewenslank vir moord

’n Pa, ma en dogter is Dinsdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle aan moord en poging tot moord op drie vermeende diewe skuldig bevind is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê drie mans het in April 2017 by Lesedi Motshwarakgole (46) se taverne in Dithakong buite Kuruman ingebreek en drank gesteel.

Motshwarakgole, haar man, Simon Mabogole (57) en hul dogter, Boitshepo Motshwarakgole (28), het die mans ná die inbraak opgespoor. Die gesteelde drank was glo in hul besit.

Hulle het die mans na hul taverne geneem waar hulle die mans gedwing het om drank te drink wat gif bevat.

Een van die mans, Charles Bonongo (29), se lyk is buite die taverne gevind en Gift Thonkonyane (30) en Olebogeng Motswagole (19) is na die Kuruman-hospitaal geneem waar hulle behandel en later ontslaan is.

Die gesin se tuinwerker, Dihelangkgotlha Hume (38), wat deur die gesin opdrag gegee is om hulle te help, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Ramatseba sê Mabogole is ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy vuurwapenlisensie is gekanselleer.

Meer oor:  Moord  |  Kuruman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.