Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa ‘moet sê hoekom kinders oor verkragting sou lieg’

’n Man van Bloemfontein moet in die streekhof kom verduidelik waarom sy eie dogter en stiefseun sou lieg dat hy hulle verkrag het.

Só het Adv. Ronell Botha namens die staat in die 42-jarige sakeman van Gardeniapark se aansoek om ontslag betoog.

Die sakeman in die beskuldigdebank in die streekhof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Die man word daarvan aangekla dat hy sy negejarige stiefseun van 2012 tot 2016 en sy vierjarige dogter in 2016 verskeie kere verkrag en seksueel aangerand het.

Botha het voor streeklanddros Jan Greyvenstein gesê sy staan die aansoek teen omdat die beskuldigde geen rede aan die hof voorhou oor waarom die kinders oor die gebeure, wat begin het toe hulle albei drie jaar oud was, sou jok nie.

“Dit is getuienis wat ’n antwoord verg.”

Sy sê hoewel die meisie nie woordeliks kon uitdruk wat met haar gebeur het nie, het sy met poppe deur kringtelevisie op ’n skerm in die hof gewys hoe sy en haar stiefbroer deur haar pa verkrag is.

“Die manier hoe sy die seksdade met die poppe gedemonstreer het, dui aan dat dit met haar gebeur het en sy dit aanskou het.”

Die seun se aggressiewe optrede in die hof teenoor sy stiefpa toon hoe woedend, verneder en skaam hy voel oor wat sy stiefpa aan hom gedoen het.

Die man se dade het op die lappe gekom toe die seun prente geteken het wat die seksdade uitbeeld.

Botha sê die twee kinders staaf mekaar se getuienis. Die kinders kon nie die seksdade so uitvoerig uit hul duim gesuig het nie.

Hanlie Fourie, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, sê die staat het nie ’n behoorlike saak teen hom bewys nie en daarom moet hy vrygespreek word.

Sy sê die kinders se ma het hulle voorgesê en beïnvloed om oor die verkragting en molestering te lieg.

“Die vrou het ’n wrok teen my kliënt omdat hy van haar geskei het. Daar is ook geen negatiewe getuienis teen hom of dat hy ’n slegte pa was of dat hy ’n bedreiging vir die kinders was nie.”

Greyvenstein sal volgende week oor die aansoek uitspraak lewer.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Verkragting  |  Hof  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.