Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa ook van verkragting aangekla ná 4 kinders gehang is

’n Pa van Durban wat daarvan beskuldig word dat hy sy drie jong kinders en sy 16-jarige stiefdogter in Durban opgehang het, word nou ook van verkragting aangekla.

Die 44-jarige man het Woensdag in die landdroshof op Pinetown in KwaZulu-Natal nie ’n oog geknip toe die aanklag van verkragting ook op die aanklagstaat bygevoeg is nie.

Dié aanklag is die afgelope week bygevoeg en hou na bewering nie verband met die moord op die kinders nie.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die verkragtingsaanklag bygevoeg en gesê dat die voorval na bewering dae voor die moorde op die kinders plaasgevind het.

Die pa, wat nie aansoek om borgtog gedoen het nie en nog nie op die aanklag van verkragting gepleit het nie, het Woensdag verward voorgekom oor wie sy regsverteenwoordiger is.

“My familie het gesê dat ’n prokureur hier sal wees. As hy nie opdaag nie, sal ek van regshulp gebruik maak,” het hy die hof meegedeel.

Verteenwoordigers van verskillende politieke partye, die DA, EFF, ACDP en die IVP, het die hofsaal Woensdag vol gesit. Polisiebeamptes moes die mense in ’n stadium beheer toe hulle begin stamp en stoot het om by die hof in te kom.

Ná afloop van die hofverrigtinge het die onderskeie politieke partye buite die hof gesing en voortgegaan om teen die mishandeling van vroue en kinders te betoog.

Die saak is tot 7 November uitgestel.

Meer oor:  Pinetown  |  Durban  |  Moord  |  Kinders  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.