Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa skree in hof toe saak teen ‘boelies’ geskrap word

Bullsh*t!” het ’n pa van Bloemfontein in die stad se landdroshof geskreeu nadat die verhoor teen sy seun se vermeende boelies van die hofrol verwyder is.

Corné Snyman met ’n vorige verskyning van sy vermeende boelies buite die streekhof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Chris Snyman het Dinsdag sy humeur voor landdros Ingrid Matroos verloor toe sy ’n aansoek van Adriaan Janse van Rensburg, prokureur, om die aanklagte teen drie jong mans van die hofrol te skrap, toegestaan het.

Jason Litch (19), JC Janse van Rensburg (18) en Jarod Grey (19), almal oudleerlinge van die Martie du Plessis-skool in Bloemfontein, het in die hof verskyn in verband met die beweerde aanval op hul oudskoolmaat Corné Snyman (19). Al vier is nou studente aan verskillende instansies in Bloemfontein.

Hul verskyning spruit uit die gebeure die oggend van 8 November verlede jaar toe hulle Corné na bewering by die skool gevloek het deur hom ’n “p**sie” en ’n “draadt*****r” te noem.

Janse van Rensburg, van Phatshoane Henney-prokureurs, het die aansoek ingedien nadat Corné nie Dinsdag, toe die verhoor moes begin, vir die hofverrigtinge opgedaag het nie.

Simon Nkonyane, aanklaer, het gesê Corné is nie by die hof nie omdat hy depressief is. Hy is by die huis en wag om te hoor wanneer ’n dokter hom kan evalueer of wanner hy ’n datum vir sy opname in ’n psigiatriese hospitaal kan kry.

Janse van Rensburg het betoog die staat kan nie ’n goeie verduideliking gee waarom hy nie gereed is om met die verhoor te begin nie.

“Daar is geen mediese bewyse dat hy by ’n dokter of in die hospitaal is nie. My kliënte se reg op ’n spoedige, billike en regverdige verhoor word geskend.”

Van links sit JC Janse van Rensburg, Jarod Grey en Jason Litch met ’n vorige verskyning in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Landdros Matroos het met Janse van Rensburg saamgestem en die saak van die rol geskrap.

Snyman, Corné se pa, het daarna in die hofsaal opgespring en ’n kragwoord uitgeroep voordat hy uit die hof gestorm het. Hy het verdwyn toe landdros Matroos gesê het hy moet vir minagting van die hof aangekla word.

Snyman het ná die hofverrigtinge aan Netwerk24 gesê hy gaan nou “dinge op sy eie manier doen”.

Janse van Rensburg, sy kliënte en hul ouers is uit vrees vir hul veiligheid deur hofordonnanse uit die gebou begelei.

Meer oor:  Jc Janse Van Rensburg  |  Bloemfontein  |  Boelies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.