Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa slaan glo spyker in seuntjie se skedel

Die pa van ’n driejarige seun, wat oor die naweek sonder sy oë en geslagsdele en met ’n spyker in sy kop gevind is, sal vir sielkundige waarneming gestuur word nadat hy Maandag in die landdroshof in Estcourt in verband met die moord verskyn het.

Die polisie in KwaZulu-Natal het Themba Majozi (36) Sondag in hegtenis geneem nadat die verminkte lyk van sy seun Vrydag deur familielede in ’n digte bos in Thembalihle naby Estcourt gevind is.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, was die seun se ouma Donderdag by haar huis toe Majozi die kleuter weggeneem het. “Toe die ouma die volgende dag van die werk af by haar huis aankom, het sy besef dat die kind verdwyn het. Majozi is ondervra, maar hy het homself verset,” het Gwala gesê.

Die familie het na die vermiste kind begin soek en later op sy verminkte lyk in ’n bos afgekom.

Daar was ’n spyker in sy skedel ingeslaan.

’n Paar dae voor die voorval het Majozi se werkgewer in Mooirivier na bewering aan die familie gesê dat hy sielkundige probleme ondervind en nie meer in staat is om te werk nie.

Majozi word van moord en die besit van menslike weefsel aangekla. Die saak is tot 2 Desember uitgestel.

News24: https://www.news24.com/witness/news/kzn/father-of-mutilated-boy-charged-with-sons-murder-20201130

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.