Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa tronk toe wat seun (6) met ketting wurg
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
’n Man van Kimberley is Vrydag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord op sy sesjarige seun. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Man van Kimberley is Vrydag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord op sy sesjarige seun.

Lt.kol. Dimikatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die 26-jarige pa is op 16 Januarie vanjaar in hegtenis geneem toe die polisie ’n klag van kindermishandeling ontvang en ondersoek het.

’n Bekommerde inwoner van Galeshewe het die polisie in kennis gestel.

Die polisie het die kind se ouerhuis besoek en gevind dat die kind verskeie beserings op sy rug, nek en gesig gehad het.

Die pa het die seun met ’n gordel aangerand en hom met ’n ketting gewurg.

Die ma van die kind het erken dat die kind deur sy pa aangerand is, maar het self in vrees vir die man geleef.

Brig. Nicky Mills, Noord-Kaapse provinsiale bevelvoerder van die eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS), het sers. Aretha Claasen vir haar deeglike ondersoek wat tot die vonnisoplegging gelei het, bedank.

Hy het ook die gemeenskapslede bedank wat na vore gekom het.

In ’n onverwante voorval is ’n man Vrydag vier jaar tronkstraf opgelê vir die seksuele aanranding van ’n 49-jarige vrou.

Mooi sê Simon Ndwalaza (34) het op 30 November 2019 in Kagisho die vrou in haar huis aangeval.

Hy het die vrou van agter gegryp en haar probeer verkrag.

Die vrou kon daarin slaag om te ontsnap en het na die polisiekantoor vir hulp gehardloop.

Die polisie het Ndwalaza in ’n sinkhuis naby aan die vrou se blyplek gevind.

Hy is met ’n selfgemaakte kapmes, ’n kondoom en dagga in sy besit gevind.

Die deeglike ondersoekwerk van sers. Tanya Serfontein van die GKS-eenheid het tot die suksesvolle vonnisoplegging gelei.

Meer oor:  Kimberley  |  Misdaad  |  Vonnisoplegging  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.