Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa verkrag glo stiefdogter (17)

’n Man (48) van Stilbaai wat na bewering sy 17-jarige stiefdogter seksueel gemolesteer, betas en verkrag het, verskyn Vrydag vir ’n aansoek om borgtog in die hof.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die man is verlede Woensdag deur lede van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksoortredings (GKS) van Mosselbaai by sy woning in Stilbaai in hegtenis geneem.

Hy het verlede Vrydag die eerste keer in die landdroshof in Stilbaai verskyn. Die meisie is na bewering van 1 Julie 2015 tot 23 Februarie seksueel gemolesteer, betas en verkrag, sê Pojie.

Volgens Pojie het die slagoffer in 2015 by haar ma en stiefpa in Stilbaai gaan woon. Sy het voorheen by haar biologiese pa in Kaapstad gebly.

Pojie sê ’n vriendin van die slagoffer het onraad vermoed en opgemerk dat iets nie pluis is nie. Die slagoffer het die vriendin in haar vertroue geneem waarna dié haar na ’n predikant geneem het. Die slagoffer het aan die predikant vertel dat sy gemolesteer is. Sy het dit ook vir haar biologiese pa vertel en hy het die polisie in kennis gestel. Klagte van verkragting en seksuele molestering is toe aanhangig gemaak.

Die saak is verlede Vrydag in die landdroshof in Stilbaai tot 1 Junie vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Die man bly in aanhouding.

Pojie sê weens die aard van die oortreding en om die identiteit van die minderjarige slagoffer te beskerm mag die man se naam nie bekend gemaak word nie.

Meer oor:  Stilbaai  |  Geweld Teen Kinders  |  Verkragting  |  Stiefdogter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.