Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa wat glo 4 kinders vermoor se saak uitgestel tot 2021

’n Oudprokureur van Limpopo wat in Februarie glo sy vier kinders vermoor het omdat hy sy vrou van ’n verhouding verdink het se verhoor sal eers volgende jaar begin.

Lucas Phasha (52) was uit op parool toe hy glo drie van sy vier kinders met ’n byl doodgekap en die jongste kind met ’n groot klip doodgeslaan het. Hy het tronkstraf weens aanranding uitgedien.

Die treurspel het in die Phasha-huis in Mecklenburg, Limpopo, gebeur. Phasha het sy vrou, Sylvia, op Facebook van ontrouheid beskuldig.

Phasha het vir die polisie gevlug en is eers later in Burgersfort in hegtenis geneem.

Lucas Phasha (52) staan tereg weens die moorde op sy vier kinders. Foto: Verskaf
Katlego Phasha (9) is glo deur sy pa vermoor. Foto: Verskaf
Sylvia en Lucas Phasha van Mecklenburg in Limpopo. Foto: Verskaf
Tshepo Phasha (5) van Limpopo is glo deur sy pa vermoor. Foto: Verskaf
Sylvia Phasha by twee van haar vier kinders wat glo deur haar man vermoor is. Foto: VERSKAF
Joyce Phasha (7) is glo deur haar pa in Limpopo vermoor. Foto: Verskaf
Lucas Phasha (52) het glo sy vier kinders vermoor. Foto: Verskaf

Hy het op die dag van die moord sy vier kinders, Katlego (9), Joyce (7), Tshepo (5) en Adel (3), ná skool verwyder uit die voertuig waarmee hulle altyd skool toe geneem is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê Phasha het vir die bestuurder van die motor gesê hy sal na die kinders kyk.

Dit is steeds duister wat presies daarna gebeur het.

Phasha het die volgende oggend glo aan sy bure gesê hy het sy vier kinders vermoor.

Hul lyke was op verskillende plekke enkele kilometers vanaf die gesin se huis in ’n beboste gebied.

Die drie oudste kinders is met ’n byl doodgekap en die jongste het verskeie oop wonde aan haar lyk gehad. Haar lyk is op ’n klipkoppie naby die gesin se huis in die Ga-Phasha-nedersetting in Mecklenburg gekry.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo, het maatskaplike werkers na Ga-Phasha gestuur om berading aan die geskokte inwoners te gee.

Phasha het op sy Facebook-blad sy vrou van verhoudings met ander mans beskuldig en gesê hy is moeg vir haar. “Ek is moeg om by die kinders te bly.”

In nog ’n inskrywing staan: “Ek is baie kwaad vir haar, haar vriende en haar minnaars.” By ’n foto van sy vrou het hy geskryf “MIV-positief, swanger, slaap saam met mans.”

Phasha het Woensdag vlugtig in die hooggeregshof in Polokwane verskyn en sy verhoor sal op 15 Maart 2021 begin.

Meer oor:  Limpopo  |  Vermoor  |  Moord  |  Kinders  |  Pa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.