Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Paartjie vermoor bejaarde oor huurgeld, sê staat

’n Jong paartjie van Bloemfontein het hul bejaarde huisbaas glo vermoor en haar lyk uitgebrand omdat hulle nie langer die huur van R500 per maand wou betaal nie.

Angelina Maloi. Foto: Facebook

So word beweer in die staat se klagstaat teen die vermeende moordenaars van Angelina Maloi (74) van Rocklands in die stad.

Die verhoor van Masekati Mallela (22), oorspronklik van Winburg, en haar vriend, Lonwabo Ntombela (21), oorspronklik van Aliwal-Noord, op aanklag van moord, lykskending en roof met verswarende omstandighede, begin in Oktober in die Vrystaatse hooggeregshof.

Die twee het glo ’n kamer in die pensioenaris se huis gehuur toe ’n hewige rusie oor huurgeld die oggend van 5 Januarie vanjaar ontstaan.

Die staat beweer ná die woordewisseling het die paartjie besluit om Maloi se Peugeot-motor te probeer verkoop om hul skuldeisers te betaal.

Mallela en Ntombela het Maloi na bewering in haar kombuis met ’n stomp voorwerp doodgeslaan en haar lyk die res van die dag in haar slaapkamer verberg. Sy is aan kopbeserings dood.

Laataand het hulle glo haar lyk in haar motor se bagasiebak gelaai en Kroonstad toe gery.

Daar het hulle op ’n verlate plek stilgehou, haar lyk op die grond gesit en dit met petrol aan die brand gesteek, lui die klagstaat.

Hulle het glo met die voertuig weggery en dit in Johannesburg probeer verkoop.

Ná hul mislukte pogings om die motor te verkoop, het hulle teruggekeer na die plek waar hulle die lyk verbrand het.

Laataand het hulle glo haar lyk in haar motor se bagasiebak gelaai en Kroonstad toe gery.

Die twee beweer toe hulle daar kom, was Maloi se lyk nie meer daar nie.

Mallela en Ntombela het Bloemfontein toe gejaag en al hul persoonlike besittings uit haar huis verwyder voordat hulle na Aliwal-Noord gevlug het, beweer die staat.

’n Rukkie later het hulle die motor vir R35 000 in Lesotho verkoop.

Dae ná die moord het familielede Maloi as vermis by die polisie aangemeld. ’n Verbyganger het in Kroonstad op haar verkoolde lyk afgekom.

Die paartjie is op 17 Januarie in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Meer oor:  Winburg  |  Bloemfontein  |  Aliwal-Noord  |  Bejaarde  |  Huurgeld  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.