Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Packham: 'Ons is lief vir jou', sê dogters

“Ons is lief vir jou.”

Só het Kerry en Nicola Packham, dogters van die moordbeskuldigde Rob Packham(58), Donderdag vir hom gesê.

Die susters het die saak in die hooggeregshof in Kaapstad bygewoon, maar is ingelig dat regter Elize Steyn eers Maandag haar uitspraak sal lewer. 

Regter Hayley Slingers het namens Steyn die saak uitgestel. Adv. Susan Galloway, vir die staat, het aan Slingers gesê ná konsultasie met Steyn, is daar ooreengekom om die saak tot Maandag uit te stel omdat Steyn nog nie gereed is met haar uitspraak nie. 

Adv. Craig Webster, Packham se regsverteenwoordiger, het geen beswaar gehad nie. 

Slingers het die saak verdaag. 

Ná die verdaging het Nicola en Kerry na hul pa geloop voordat hy na die aanhoudingselle geneem is.

“Ons is lief vir jou,” het Nicola met ’n groot glimlag gesê. Hy is toe na die selle geneem.

Packham word daarvan aangekla dat hy sy vrou, Gill, tussen 21 en 22 Februarie 2018 by hul huis in Constantia, Kaapstad, vermoor het en toe haar lyk in die kattebak van haar motor by die Dieprivier-treinstasie verbrand het.

Die staat voer aan Packham het Gill met ’n stomp voorwerp geslaan. Hy het dit glo gedoen omdat hy onder druk was weens sy huwelik en ’n buite-egtelike verhouding met Persoon X, soos die hof haar noem.

Packham ontken al die aanklagte teen hom en het in sy verhoor gesê dit was moontlik kapers wat sy vrou buite hul huis gekaap het.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.