Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Packham ontken skuld en gee geen verduideliking

Rob Packham het geen pleitverduideliking verskaf oor die dag waarop sy vrou, Gill, verdwyn en later verkool in die kattebak van haar motor gevind is nie.

rob packham
Rob Packham in die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Hy het Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad skuld op aanklagte van moord en regsverydeling ontken. Nadat die staat die aanklagte aan Packham gestel het, het sy regsverteenwoordiger, adv. Craig Webster SC, gesê hy ontken skuld en sal geen pleitverduideliking by die hof indien nie.

Regter Elize Steyn het hom gevra of dit korrek is, waarop Packham geantwoord het: “Ja, u edele.”

Adv. Susan Galloway, die staatsaanklaer, het hierna die eerste getuie, Bernice Moore, geroep.

Sy het saam met Gill Packham by die Springfield Convent School in Wynberg as sekretaresse gewerk.

Moore het getuig dat Gill op 22 Februarie 2018 nie vir werk opgedaag het nie. Hulle ry dieselfde roete na die skool, en sy het haar nie langs die pad gesien nie.

“Ek het haar verskeie kere probeer bel, maar kon haar nie in die hande kry nie.”

Sy het later die bestuur van die skool in kennis gestel dat Gill nie opgedaag het nie, en hulle het iemand na haar huis in Constantia gestuur om te gaan kyk of sy daar is.

“Die man het teruggekom en gesê die alarm is aan en niemand is daar nie.”

Moore het Packham gebel om uit te vind of hy weet waar sy vrou is.

Bernice Moore
Bernice Moore het saam met Gill Packham gewerk en was bekommerd toe sy nie by die skool opgedaag het nie. Foto: Jaco Marais

“Toe ek met hom oor die telefoon praat, het ek ’n vreemde gevoel gekry omdat hy gesê het hy wil sien met wie hy praat. Dit het my ongemaklik laat voel.”

Webster het vir Moore gevra hoekom sy ’n vreemde gevoel gekry het toe sy met Packham gepraat het.

Sy het gesê dit was omdat hy gesê het hy wil sien met wie hy praat.

Webster het dit aan Moore gestel dat dit nie vreemd is nie, omdat hy sy vrou, wat vermis is, gesoek het.

Moore het nie hierop kommentaar gelewer nie.

Die saak duur voort.

Meer oor:  Rob Packham  |  Gill Packham  |  Hooggeregshof  |  Kaapstad  |  Packham-Moordverhoor  |  Verhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.