Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Padinstelling wil nie E-NaTIS-werkers óók vat

Hulle het nie voorsien dat die oorplasing van Tasima se E-NaTIS-verkeersinligtingstelsel na die departement van vervoer ook die werknemers van e-NaTIS sou insluit nie, het die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) Dinsdag in die konstitusionele hof in Johannesburg gesê.

Die regspan van die RTMC teken appèl aan teen ’n beslissing van die arbeidshof in Mei 2017 wat beveel het dat die werkkontrakte van 79 werknemers outomaties van Tasima na die RTMC oorgeplaas moet word.

Dit volg op ’n uitspraak in die konstitusionele hof in 2016 waarin beveel is dat eNaTIS en ander verwante dienste wat deur Tasima verskaf is, aan die RTMC oorgegee word.

Dié hof het ook bevind dat die verlenging van Tasima se kontrak met die RTMC in 2010 onwettig was.

Dié hof het ook bevind dat die verlenging van Tasima se kontrak met die RTMC in 2010 onwettig was.

Tasima is na dié bevel van die konstitusionele hof na die arbeidshof en het vir ’n dringende bevel gevra dat Tasima se werkmag deur die RTMC opgeneem word.

Die hof het in die guns van Tasima beslis en die RTMC beveel om die werknemers van Tasima in te neem in ooreenstemming met die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Adv. Andrew Redding SC, vir die RTMC, het Dinsdag egter gesê dat die vervoerdepartement nie voorsien het dat die oordrag van eNaTIS van Tasima na die RTMC ook sy werkmag sou insluit nie.

“Die verwagting was dat Tasima-werknemers nie gaan nie, maar bly sodat hulle kan voortgaan om konsultasiedienste te lewer,” het hy gesê.

Regter Edwin Cameron het gevra of dit “hardvogtig” sou wees van die RTMC om die e-NaTIS-stelsel oor te neem sonder om daardie werknemers ook te vat.

Tasima het eNaTIS die afgelope 16 jaar vir die departement van vervoer bestuur voordat die konstitusionele hof beveel het dat hulle die stelsel in November verlede jaar aan die RTMC moet oorgee.

Ingevolge die uitspraak van die arbeidshof waarteen die RTMC appèl aanteken, is ook beveel dat die RTMC die werknemers op ’n maandelikse grondslag sedert April moes betaal tot en met die datum waarop die finale appèl in die saak afgehandel is.

Die arbeidshof het die RTMC toestemming gegee om teen die uitspraak te appelleer, en die RTMC het by die appèlhof van die arbeidshof aansoek gedoen om teen die oorspronklike bevinding te appelleer.

In Desember verlede jaar het die arbeidshof se appèlhof die arbeidshof se beslissing bekragtig, maar het die tussentydse bevel oor betalings tersyde gestel. Die RTMC het toe die konstitusionele hof genader om appèl aan te teken teen die bevel van die arbeidshof in sy geheel.

Die departement van vervoer en die RTMC het die eNaTIS-dienste eers in April 2017 oorgeneem.

Die hofsaak duur voort.

Meer oor:  Johannesburg  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.