Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Padwoede’: Saak teen 2 broers uitgestel

Twee broers wat glo in ’n beweerde padwoedevoorval ’n vrou geslaan en haar kar beskadig het, het Woensdag vlugtig in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Lukas Louis Muller (46) en David Benjamin Muller (42) woon, luidens die klagstaat, by dieselfde adres in Lyttelton, Centurion.

Hulle is op 30 Oktober in hegtenis geneem op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en aanranding, waarna hulle later op waarskuwing vrygelaat is.

Een van die mans het toe glo haar foon gegryp en dit stukkend gegooi en haar in die gesig geslaan.

Die broers het na bewering op Saterdag 28 Oktober in Eldoraigne, ook in Centurion, die venster van Precious Belinda Dinake se kar, sowel as haar selfoon, beskadig en haar, luidens die klagstaat, met die vuis geslaan.

Tydens hul hofverskyning Woensdag het Maggie Sekati, die aanklaer, gevra dat die saak tot later die maand uitgestel word vir verdere ondersoek.

Daar is glo videobeeldmateriaal van die voorval beskikbaar, sowel as ’n mediese vorm oor Dinake se beserings.

“Daar is nog ’n verklaring van een getuie uitstaande,” het Sekati verduidelik.

Dinake het, volgens TimesLIVE, aangevoer dat sy die dag van die voorval stadig gery het omdat daar baie verkeer op die pad was en sy nie vinniger kon ry nie.

Die voertuig agter haar het haar glo uit die baan probeer druk, getoet en toe haar kar van agter af begin stamp.

Volgens haar het die voertuig later verbygekom en in die proses haar kar geskraap.

“Hulle (die twee mans in die ander voertuig) het stilgehou, uitgeklim en na my gestap. Hulle het teen die karvensters geslaan en geskree en toe weggestap.

“Ek het uitgeklim want ek wou foto’s van hul kar neem,” het Dinake aan TimesLIVE gesê.

Een van die mans het toe glo haar foon gegryp en dit stukkend gegooi en haar in die gesig geslaan.

Landdros Estelle van Biljon het Woensdag die saak finaal uitgestel vir verdere ondersoek en die beskuldigdes gewaarsku op weer op 23 November in die hof te verskyn.

Meer oor:  Lyttelton  |  Centurion  |  Skade  |  Aanranding  |  Padwoede  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.