Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pampoenkraal: NVG besluit nog oor verdere vervolgings

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet nog besluit of daar genoeg bewyse is om verdere beskuldigdes aan te kla in die Pampoenkraal-saak.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die NVG in Mpumalanga, het Woensdag gesê die dossier is na die direkteur van openbare vervolging verwys.

Daniel Cornelius Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Yende (48) is reeds aangekla en is op 30 April in die landdroshof op eMkhondo (Piet Retief) op borgtog vrygelaat.

Die vyf beskuldigdes tydens hul borgtogaansoek in April. Voor is Daniel Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25) en Othard Johann Klingenberg (53). Agter sit Zenzele Yende (48) en Ignatius Michael Steynberg (31). Foto: Isabel Venter

Een van die moontlike verdere verdagtes oor wie daar nou ’n besluit geneem word, is die eienaar van die plaas waar die broers Amos en Zenzele Coka op 9 April doodgeskiet is.

Die staat het gedurende die borgtogaansoek aangevoer die broers is met voorbedagte rade doodgeskiet en dat dit dus ’n bylae 6-oortreding kragtens die Strafproseswet is, waar die beskuldigdes buitengewone omstandighede moet bewys om hul vrylating op borgtog te regverdig.

Landdros Sam Fankomo het bevind die staat het dít nie bo alle redelike twyfel bewys nie. Die hof ag dit eerder as bylae 5-oortredings, waar die beskuldigdes net moet bewys dat die belang van geregtigheid vrylating op borgtog regverdig.

Fankomo het ook teenstrydighede in die staat se saak in ag geneem wat geblyk het uit twee video’s wat oor die dag se gebeure geneem is.

Die plaaseienaar was veronderstel om saam met die vyf beskuldigdes in die hof te verskyn, maar hy was nog in die hospitaal nadat hy op dié dag aangerand is.

Hy en nog ’n verdagte sal nou eers later hoor of hulle wel vervolg sal word.

Die vyf verdagtes wat op borgtog vrygelaat is, sal later vanjaar weer in die hof moet verskyn sodat ’n verhoordatum vasgestel kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.