Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Panayiotou mag nie appelleer
Christopher Panayiotou

Die veroordeelde moordenaar Christopher Panayiotou se aansoek om verlof tot appèl is Donderdagoggend geweier.

Panayiotou is in November skuldig bevind aan die huurmoord op sy vrou, Jayde, en tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Hy het Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth by monde van adv. Terry Price SC, sy regsverteenwoordiger, ’n aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding ingedien. 

Regter Dayalin Chetty het Donderdagoggend in sy uitspraak gesê hy voorsien geen redelike kans dat ’n ander hof ’n ander bevinding sal maak nie. 

Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko, Panayiotou se medebeskuldigdes, se aansoek om verlof tot appèl teen hul skuldigbevinding, is ook geweier.

Peter Daubermann, Nenembe en Sibeko se regsverteenwoordiger, het ook gehoor Sibeko se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis word ook van die hand gewys.

Nenembe is verlede jaar tot lewenslank gevonnis vir sy rol in die huurmoord, asook nog 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede.

Sibeko is op ’n aanklag van sameswering tot moord tot 15 jaar gevonnis.

Jayde is in April 2015 voor haar en Panayiotou se meenthuis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer. Haar lyk is ná ’n soektog van bykans 24 uur in ’n verlate veld, net buite Uitenhage, aangetref. Sy is drie keer geskiet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.