Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Papapavlou ‘oukei’ ná 2 weke in aanhouding

Die borgtogaansoek van Simoné Papapavlou (26) is tot Woensdag uitgestel omdat die landdros “om persoonlike redes” nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.

Patricia Ray Lee Smith (links) en Simoné Papapavlou was Maandag saam in die beskuldigdebank. Foto: Melinda Stuurman

Papapavlou (26), wat al langer as twee weke in aanhouding is, het Maandag vlugtig in die landdroshof in Groblersdal verskyn, waar sy op aanklagte van moord, poging tot moord, sameswering om moord te pleeg, regsverydeling en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie teregstaan.

Sy het haarself op 12 Augustus by die Groblersdal-polisiekantoor oorgegee nadat haar man, Raymond, op 4 Oktober verlede jaar doodgeskiet is.

Langs Papapavlou was haar vriendin en vermeende minnares, Patricia Ray Lee Smith (24), wat ook van moord en sameswering om moord te pleeg aangekla word.

Simoné Papapavlou verlaat die hof en stap na die aanhoudingselle in die Groblersdal-landdroshof. Foto: Melinda Stuurman

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle saamgesweer het om Raymond, ’n plaasvoorman van Limpopo, dood te skiet en dit soos ’n plaasaanval te laat lyk.

Papapavlou en Smith het nie oogkontak gemaak toe hulle langs mekaar in die beskuldigdebank verskyn het nie.

“Dit gaan oukei met haar,” het Sonja Weideman, Papapavlou se regsverteenwoordiger, buite die hof aan Netwerk24 gesê.

Smith word ook deur Weideman verteenwoordig, maar is vroeër op borgtog vrygelaat. Sy is op 27 Oktober in Kempton Park, Gauteng, in hegtenis geneem. Haar ouers het haar na die hof vergesel.

Daar is nie verder uitgewei oor waarom die landdros nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.