Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Parys-6: ‘Staatsgetuies het gekonkel’

Die verdedigingspan in die vigilante-moordverhoor in Parys het weer Donderdag kaalvuis onder die staat se getuies ingeklim.

Van links is vier van die ses beskuldigdes: Boeta van der Westhuizen, Henk Prinsloo, Cor Loggenberg en Miela Janse van Vuuren. Foto: Alet van der Walt

Johan Vorster, vir Anton Loggenberg, het in sy slotbetoog gesê die staat kan nie geblameer word vir die gehalte van die getuienis wat in die hof gelewer is nie.

Vorster het aan die hof gesê die weersprekings tussen die artikel 204-getuies kon dalk oorgesien word as daar nie ook sterk aanduidings was dat hulle gekonkel het nie.

Die hof moet dit oorweeg om hul getuienis te verwerp omdat die moontlikheid van sameswering tussen hulle, tesame met die weersprekings, dit ongeloofwaardig maak.

Adv. Dawie Reyneke, vir die beskuldigdes Henk Prinsloo, Cor Loggenberg en Loedie van der Westhuizen, het aan regter Corné van Zyl gesê adv. Jabulani Mlotshwa, die staatsaanklaer, het sterk op die getuienis van Ockert van Zyl gesteun.

Van Zyl, nie ’n artikel 204-getuie nie, is deur die Valke ondervra nadat hy in Parys by ’n motorwassery gespog het oor die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

“Van Zyl is ’n selferkende liegbek wat ’n mens herinner aan die strokiesprentkarakter Grootbek en Katvis,” het Reyneke gesê.

Hy spog dat hy gemoor het en vra dat die werkers by ’n motorwassery in Parys sy voertuig deeglik moet was.

“Hy spog dat hy gemoor het en vra dat die werkers by ’n motorwassery in Parys sy voertuig deeglik moet was.”

Die vraag is waarom het Van Zyl gespog dat hy meegedoen het aan die moorde en waarom het hy sy motor laat was, het Reyneke gesê.

Hy het ook gesê Fanie Oosthuizen was onder groot druk van die Valke om ’n verklaring af te lê en dat Oosthuizen dit erken het in sy borgtogaansoek.

Oosthuizen is geïntimideer deur die Valke.

Adv. Piet Pistorius gesels hier met sy kliënt, Boeta van der Westhuizen. Foto: Alet van der Walt

Die manier waarop die Valke te werk gegaan het tydens die ondersoek was ook duidelik uit die manier waarop Prinsloo deur hulle gehanteer is, het Reyneke gesê.

Adv. Hennie du Plessis, vir Miela Janse van Vuuren, het ook gevra dat die hof die artikel 204-getuies se weergawes verwerp.

Du Plessis het aan die hof gesê dat Wikus en Wian van der Westhuizen getuig het dat Loedie van der Westhuizen en Janse van Vuuren een van die mans aanhoudend in die gesig en teen die kop geskop het, maar geen mediese getuienis is gelewer wat dit staaf nie.

Du Plessis het gesê Fanie Oosthuizen is ’n bedrieër wat sy aandeel en diegene wat hy wou beskerm se aandeel verwater het.

Die verhoor spruit uit die moorde op Tjixa en Jubeba wat ná ’n mislukte plaasaanval buite Parys deur ’n groep mans in Januarie 2016 aangekeer en volgens die staat só aangerand dat hulle die volgende dag dood is.

Meer oor:  Parys-6
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.