Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Parys-6: Uitspraak kom eers Julie

Die ses beskuldigdes in die vigilante-moordverhoor in Parys sal eers in Julie weet wat hul lot is nadat uitspraak in die verhoor Maandag uitgestel is.

Regter Corné van Zyl sou Maandag in die rondgaande hof op die dorp begin het om uitspraak te lewer, maar het gesê sy is nog nie gereed daarvoor nie.

Vier van die ses beskuldigdes: Boeta van der Westhuizen, Henk Prinsloo, Cor Loggenberg en Miela Janse van Vuuren in die hof met ’n vorige verskyning.Foto: Alet van der Walt

Anton Loggenberg, Boeta van der Westhuizen, Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen jr. en Miela Jansen van Vuuren word daarvan aangekla dat hulle twee vermeende plaasaanvallers, Simon Jubeba en Samuel Tjixa, doodgeslaan het.

Tjixa en Jubeba is op 6 Januarie 2016 buite Parys aangekeer ná ’n mislukte plaasaanval op Loedie van der Westhuizen sr.

Die twee mans is op 7 Januarie dood weens kop- en ander beserings.

Loedie sr. was die pa van Boeta en oupa van Loedie jr. Hy is intussen dood.

Van Zyl sê dat sy geweldig baie hofrekords moet deurwerk en dat dit in die belang van geregtigheid is dat sy kyk na die talle kwessies wat gedurende die verhoor opgeduik het.

Sy het die verrigtinge uitgestel na 8 tot 12 Julie vir uitspraak. Sy sou aanvanklik vandeesweek haar uitspraak afgehandel het en in Julie vonnisse opgelê het.

Die ses mans is tussen Januarie 2016 en Mei 2016 in hegtenis geneem en van die moorde aangekla.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.