Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Parys-6: uitspraak uitgestel

Die vigilante-moordverhoor van ses mans van Parys is Dinsdag weens kommer oor Covid-19 tot 6 April uitgestel.

Regter Corné van Zyl het in die rondgaande hof in Parys gesê sy sal dan ’n verkorte weergawe van haar uitspraak in dié marathonverhoor gee.

Van Zyl sê daar is ooreengekom dat ’n volledige skriftelike uitspraak teen 6 April aan al die betrokke partye beskikbaar gestel sal word.

Sy het gesê die mans sal teen 8 April weet wat die hof se besluit oor hul skuldigbevinding is.

Hulle kan hulle dan voorberei op voorvonnisverrigtinge waarvoor nog ’n datum vasgestel moet word.

Boeta van der Westhuizen, Henk Prinsloo en Cor Loggenberg tydens ’n vorige hofverskyning. Hulle is drie van die Parys-6 wat van moord aangekla word.Foto: Alet van der Walt

Die ses mans, Boeta van der Westhuizen (53), Anton Loggenberg (53), Henk Prinsloo (50), Cor Loggenberg (23), Miela Jansen van Vuuren (26) en Loedie van der Westhuizen (21), word daarvan beskuldig dat hulle twee vermeende plaasaanvallers, Samuel Tjixa (28) en Simon Jubeba (37), op 6 Januarie 2016 so erg geslaan het dat hulle albei die volgende dag weens hul beserings dood is.

Die mans ontken skuld.

’n Groep mans het Loedie van der Westhuizen sr. dié dag op sy plaas buite Parys aangeval. Hy was die pa van Boeta en oupa van Loedie jr. wat albei van die moorde aangekla word.

Loedie sr. kon ’n noodknoppie druk waarna tientalle mense hom kom help het.

Tydens die soektog na die aanvallers is Tjixa en Jubeba aangekeer en deur die mans aangerand.

Van der Westhuizen (74) is in Januarie 2018 dood.

Die verhoor het in Mei 2017 begin en is deur talle oponthoude vertraag.

Die ses moes in ’n stadium nuwe regsverteenwoordigers kry weens ’n botsing van belange, die staat wou Anton Loggenberg se borgtog laat terugtrek wat tot ’n borgtogverhoor gelei het, en Van Zyl was ’n tyd lank siek.

Meer oor:  Parys  |  Hof  |  Uitgestel  |  Parys-6
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.