Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Parys-6: ‘Vervolging pleks van ’n medalje’

“Elf lede van die Valke het met gemerkte voertuie by my huis opgedaag en my voor my ma, my vrou en my twee dogters in hegtenis geneem,” het Henk Prinsloo, ’n polisielid, in die rondgaande hof in Parys getuig.

Prinsloo was emosioneel toe hy aan regter Corné van Zyl vertel het hoe die gebeure hom en sy gesin geraak het.

’n Emosionele Henk Prinsloo het Donderdag aan die hof vertel hoe hy in hegtenis geneem is.Foto: Alet van der Walt

Op ’n vraag van Johan Vorster, vir Anton Loggenberg, of die Valke daarop uit was om hom te verneder, het Prinsloo gesê dit was asof die Valke ’n statement met sy inhegtenisneming wou maak.

“Van die skoonmaker tot die generaal het my ondersteun,” het Prinsloo gesê oor hoe sy kollegas sedert die gebeure opgetree het.

Adv. Piet Pistorius, vir Boeta van der Westhuizen, het aan Prinsloo gesê hy glo Prinsloo moes ’n medalje vir sy optrede die aand van 6 Januarie 2016 gekry het.

“Pleks daarvan staan jy in ’n strafhof waar jy blootgestel is aan vervolging,” het Pistorius gesê.

“Is dit so dat die Valke u verwyt het en aan u gesê het dat u ‘die boere help?’ ”

Prinsloo het dit beaam.

Adv. Piet Pistorius, adv. Hennie du Plessis en Johan Vorster in die rondgaande hof in Parys.Foto: Alet van der Walt
Henk Prinsloo getuig tans in die vigilante-moordverhoor in Parys. By hom is die hoftolk, Jeremiah Tollie.Foto: Alet van der Walt

“Ek wil vandag aan u sê, dank Vader dat u die boere help,” het Pistorius aan Prinsloo gesê.

Die hof het hierna verdaag omdat Prinsloo te emosioneel was om verder te getuig.

Prinsloo en vyf ander mans staan tereg vir die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Die twee mans is op 6 Januarie 2016 ná ’n beweerde plaasaanval buite Parys aangekeer.

Loedie van der Westhuizen, het ’n noodknoppie gedruk waarna tientalle mans hom te hulp gesnel het.

Tjixa en Jubeba is op ’n naburige plaas aangekeer en glo so erg aangerand dat albei die volgende dag dood is.

Meer oor:  Valke  |  Henk Prinsloo  |  Vigilante-Moordverhoor  |  Parys-6  |  Verhoor  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.