Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Parys-moordsaak: ‘Ons het geklap, geskop’

’n Paar klappe en skoppe was volgens Loedie van der Westhuizen en sy swaer, Miela Janse van Vuuren, hul aandeel aan die beweerde moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Die twee mans het Dinsdag skulderkennings ingevolge art. 220 van die Strafproseswet by die rondgaande hof in Parys ingedien.

Dié drie mans het dié week skulderkennings in die rondgaande hof in Parys ingedien. Van links is Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren. Foto: Alet van der Walt

Van der Westhuizen, wat saam met sy oupa, ook Loedie, geboer het, was besig met plaaswerk toe hy hoor sy oupa is aangeval.

Hy is na die toneel waar Samuel Tjixa en Simon Jubeba toe reeds aangekeer was.

Van der Westhuizen sê in sy verklaring hy het die twee mans geklap en een ook op die heup geskop.

“Ek het hulle geklap en gevra wat hulle by oupa Loedie gedoen het.”

Hy het hierna ’n groot bobbejaansleutel van sy bakkie gehaal en herhaaldelik daarmee in die grond langs die een man geslaan om hom bang te maak.

Ek het hulle geklap en gevra wat hulle by oupa Loedie gedoen het

Johan Cilliers het toe gesê “dit is genoeg” en Van der Westhuizen het dit nie weer gedoen nie.

Miela Janse van Vuuren sê in sy verklaring hy het een van die twee mans twee keer met ’n gestewelde voet op die regterheup geskop.

Janse van Vuuren sê dat Müller, Wikus en Wian van der Westhuizen en Daniël, Fanie en Johan Oosthuizen op die toneel was toe hy daar opgedaag het.

Die drie Van der Westhuizen-neefs en Fanie Oosthuizen was almal art. 204-getuies vir die staat.

Janse van Vuuren sê in sy verklaring dat hy sy humeur verloor het nadat een van die twee mans gesê het dit was sy makker se plan om die “oubaas” dood te maak.

“Ek het my voet teruggetrek en die man geskop en op hom geskreeu ‘jou gemors’.

“Hy het die tweede skop verwag en dit met sy hande en knieë afgeweer,” sê Janse van Vuuren in sy verklaring.

Van die omstanders op die toneel het hom gekeer om nog iets te doen.

Boeta van der Westhuizen en Henk Prinsloo het in die verhoor getuig terwyl Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren skulderkennings by die hof ingedien het.

Die verhoor spruit uit die dood van Tixa en Jubeba, wat kort ná ’n plaasaanval op 6 Januarie 2016 aangekeer is.

Die verhoor duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.