Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pastoor vas ná hy glo 4-jarige verkrag

Vyf maande nadat ’n pastoor in Moorreesburg in die Swartland glo ’n vierjarige meisie die eerste keer seksueel aangerand het, is hy uiteindelik verlede week in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming van die 49-jarige geestelike kom nadat hy die meisie glo ’n tweede keer verlede Woensdag verkrag en seksueel aangerand het.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het die man se inhegtenisneming bevestig.

Hy het gesê die man sal Maandag in die landdroshof in Moorreesburg op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding verskyn.

Die pastoor ken die kind se familie glo baie goed.

Venice Burgins van die Ukubavimba-stigting het Sondag gesê die meisie se familie het by hulle vir hulp kom vra nadat dit geblyk het dat die polisieondersoek na die eerste bewering van verkragting en seksuele aanranding sloer.

“Dit het net vir die familie gelyk asof die polisie nie die saak wil ondersoek nie. Asof hulle bang is vir die man en vir die mag wat hy in die dorp het.”

Hy is Donderdag, ’n dag ná die tweede beweerde voorval, in hegtenis geneem.

Daar was glo nog voorvalle waar ander kinders glo ook seksueel aangerand is, maar volgens Burgins is die kinders se ouers bang om sake teen die pastoor te maak.

Meer oor:  Kinderverkragting  |  Pastoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.