Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Patel hoor eers in Oktober van sy saak

Die dubbelmoordbeskuldigde Rameez Patel van Polokwane, Limpopo, het Dinsdagoggend vlugtig in die landdroshof in die stad verskyn weens die moord op sy ma, Mahejeen (51), wat in September verlede jaar doodgeskiet is.

Fatima en Rameez Patel in gelukkiger dae. Foto: Verskaf

Patel se appèlaansoek teen die weiering van sy borgtogaansoek is vroeër in die hooggeregshof in Polokwane van die hand gewys.

Hy het Dinsdagoggend gehoor die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sal op 4 Oktober ’n datum gee vir wanneer die saak na die hooggeregshof in die stad vir verhoor oorgeplaas sal word.

Patel (31) het moeg en afgerem in die beskuldigdebank gelyk. Hy is sedert einde September 2017 agter tralies nadat hy in hegtenis geneem is weens die moord op sy ma wat in haar huis in haar kop geskiet is.

Die staat voer aan Patel het ’n huurmoordenaar betaal om sy ma oor ’n geskil oor geld te vermoor.

Patel ontken dit ten sterkste.

Nasreen Mayet, Patel se tweede vrou, was Dinsdagoggend in die hof om hom te ondersteun. Sy is erg geskok oor die koelbloedige moord op haar pa, Yunus Mayet (52), wat Saterdagaand koelbloedig in Polokwane vermoor is.

Rameez Patel in November buite sy ma se huis in Nirvana, Polokwane. Foto: Marietie Louw-Carstens

Mayet was ’n bekende sakeman in die stad en is die soveelste familielid van Rameez Patel wat vermoor is. Hy is by sy huis in Sterpark in ’n motor se kattebak geboender en sewe keer langs die verlate Silicon-pad buite die stad geskiet. Sy beursie en goue armketting is nie gesteel nie.

Nasreen Mayet by haar pa, Yunus Mayet (52), wat Saterdag vermoor is. Foto: Verskaf

Die polisie kan nie sê of Patel ondersoek word weens die moord op Mayet nie.

* Patel staan ook tereg weens die moord op sy eerste vrou, Fatima (28), wat op 10 April 2015 in die egpaar se meenthuis in Nirvana vermoor is. Sy is met ’n krieketkolf oor die kop geslaan, gewurg en op kort afstand in die gesig geskiet. Patel ontken skuld vir die moord op haar.

* Patel se pa, Feroz (55), is op 12 Augustus 2016 in die nywerheidsgebied van Polokwane etlike kere agter die stuurwiel van sy motor geskiet. Hy is glo beroof. Niemand is nog weens die moord in hegtenis geneem nie.

* Patel se broer, Razeen (24), is in Julie vanjaar in die kop geskiet, ’n dag voordat hy teen sy broer in die hooggeregshof sou getuig. Hy het daarna landuit gevlug. Ali Salman, ’n vriend van Razeen, moet in November weer in die landdroshof in Mankweng verskyn weens dié skietery.

Meer oor:  Rameez Patel  |  Polokwane  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.