Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Patel: Polisie wil nie sê oor moord op skoonpa
Fatima en Rameez Patel. Foto: Verskaf

Die polisie in Polokwane, Limpopo, kan nie bevestig of ontken dat Rameez Patel, dubbelmoordbeskuldigde, ondersoek word weens die moord op sy skoonpa meer as ’n week gelede nie.

Yunus Mayet (52) is die Saterdagaand langs die verlate Silicon-pad buite Polokwane sewe keer geskiet.

Hy is by sy huis in Sterpark ontvoer toe drie mans, in ’n Volkswagen Golf GTI 7 wild begin skiet het toe Mayet ná 23:00 by die huis aangekom het. Mayet was ’n bekende sakeman in Polokwane.

Die staat voer aan Patel en sy ma was in ’n geskil oor geld betrokke en hy het glo ’n huurmoordenaar gekry om haar dood te skiet.

Sy beursie, goue armketting en selfoon is nie gesteel nie.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê niemand is nog weens die moord in hegtenis geneem nie.

“Dit is nog te vroeg in die ondersoek om te sê of Patel ondersoek word, of nie,” sê Ngoepe.

Patel (31) is onlangs getroud met Mayet se dogter, Nasreen.

Hy het Maandagoggend vlugtig in die hooggeregshof in Polokwane verskyn weens die moord op sy eerste vrou, Fatima (28), in April 2015.

Die saak is vir die soveelste keer uitgestel en sal op 19 November hervat.

Patel wil ’n nuwe regsverteenwoordiger aanstel om hom te verdedig. Hy ontken dat hy Fatima in hul meenthuis in Dubaistraat in die Nirvana-woonbuurt vermoor het.

Dit is nog te vroeg in die ondersoek om te sê of Patel ondersoek word, of nie.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo

Hy is sedert 29 September 2017 agter tralies nadat hy ook weens die moord op sy ma, Mahejeen (51), in hegtenis geneem is.

Sy is in haar kop geskiet in haar goed beveiligde huis in Jaipurstraat, Nirvana.

Niks is uit die huis gesteel nie.

Die staat voer aan Patel en sy ma was in ’n geskil oor geld betrokke en hy het glo ’n huurmoordenaar gekry om haar dood te skiet.

Patel ontken dit ten sterkste.

Nadat hy in November glo probeer ontsnap het uit die polisieselle is hy na die gevangenis in Polokwane oorgeplaas.

Hy moet op 4 Oktober weer in die landdroshof in Polokwane verskyn weens die moord op sy ma.

Die nasionale vervolgingsgesag sal na verwagting dan ’n datum verskaf wanneer die verhoor in die hooggeregshof sal begin.

Meer oor:  Kol. Moatshe Ngoepe  |  Polokwane  |  Limpopo  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.