Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
PE-sakeman wou nié moor, bevind hof ná 5 jaar

Dit het gevoel asof ’n berg van sy skouers af gelig is.

Dit is hoe Shaun Blunden (57) sy gevoelens toe hy Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth onskuldig bevind is aan poging tot moord, beskryf.

Shaun Blunden
Shaun Blunden is ná ’n uitgerekte hofproses Donderdag uiteindelik onskuldig bevind aan poging tot moord. Foto: Argief

Blunden, ’n vooraanstaande sakeman in Port Elizabeth, was die afgelope vyf jaar in en uit die hof om sy onskuld te probeer bewys nadat hy in 2015 aangekla is van poging tot moord op twee lede van sy familie.

Hy is in hegtenis geneem nadat Deon Williams, sy suster se gewese man, ná ’n woordewisseling op 20 Junie 2015 in die maag geskiet is.

Dit het in Blunden se uitgerekte verhoor aan die lig gekom dat ’n geskil oor ’n erfporsie tot die twis gelei het.

Die verhoor is telkemale uitgestel omdat die staat nie sy sake agtermekaar gehad het nie.

Williams, sy dogter, Kaylin, en Blunden se jongste suster, Cheryl, het almal teen hom getuig.

Die landdros het al drie as swak en oneerlike getuies bestempel, wat mekaar in die getuiebank weerspreek het.

Blunden het volgehou hy is onskuldig en dat hy uit selfverdediging opgetree het.

Adv. Terry Price, Blunden se regsverteenwoordiger, sê sy kliënt is verheug oor die uitspraak en hulle is bly hulle kon bewys dat Blunden en die klaer oor die vuurwapen geworstel het voordat die skote per ongeluk afgevuur is.

Volgens Price oorweeg Blunden nog die moontlikheid om siviele eise in te stel.

Blunden het 18 dae in aanhouding deurgebring nadat hy in hegtenis geneem is.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Sakeman  |  Poging Tot Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.