Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pediater kry voorlopige interdik teen sy seun

’n Bekende pediater van Kimberley het ’n voorlopige interdik in die hooggeregshof in Bloemfontein teen sy seun gekry wat hom verbied om sy voete op enige van sy pa se plase in die distrikte Bloemfontein en Soutpan te sit.

’n Foto van Jeremy Berlyn wat in die hofaansoek van sy pa aangeheg is.

Jeremy Berlyn (37) mag nie nader as tien meter van die grense van sy pa, Peter, se plase Wolfkop naby De Brug, Sweethome by Tierpoort en Rosmead in die Soutpan-distrik kom nie, het waarnemende regter Paul Heymans gelas.

Die plase behoort aan die maatskappy Rushtail 23, waarvan dr. Peter Berlyn die enigste direkteur is.

Die interdik volg nadat twee brande op Wolfkop die afgelope drie weke ’n pakhuis en ’n motor van dr. Berlyn in puin gelaat het.

Jeremy het ook ’n week gelede teenoor iemand anders gedreig om sy spreekkamers in Kimberley en die plaasopstal op Wolfkop af te brand, sê dr. Berlyn in ’n hofverklaring.

Hy meen die roerende bates op Sweethome en Rosmead is ook in gevaar.

Hy sê Jeremy, wat Wolfkop in 2006 bestuur het en ook nou daar woon, dreig om sy eiendom op die plaas te vernietig en sy werkers en hom (dr. Berlyn) leed aan te doen.

Dr. Peter Berlyn

Dr. Berlyn sê sy seun het ook kragopwekkers, kompressors, sweismasjiene, gereedskap, elektriese toerusting en selfs ’n gasstoof uit die plaashuis aan pandjieswinkels verkoop om geld te kry om vir sy tweede gewese vrou te gee.

Hy sê hy het sy seun verskeie kere al gevra om Wolfkop te verlaat, omdat hy die afgelope vier jaar weier om ’n werkkontrak met Rushtail te onderteken. Jeremy weier om enige werk op die plaas te doen.

Dr. Berlyn sê Jeremy weier sy aanbiedinge om hom te help om verder plaaslik of in die buiteland te gaan studeer.

Dr. Berlyn bied in sy verklaring vir sy seun verblyf vir ses maande in ’n veilige plek aan.

Adv. David Grewar het in opdrag van Rikus Stander van Stander en Green vir dr. Berlyn en Rushtail opgetree.

Die keerdatum van die voorlopige bevel is 3 Mei.

Meer oor:  Kimberley  |  Plase  |  Seun  |  Brande  |  Interdik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.