Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Perdekoop laat man in tjoekie beland

’n Man wat ’n hele Arabierperd-stoet vir meer as R25 miljoen wou koop en van die perde wou uitvoer, is in die Bloemfonteinse streekhof sewe jaar tronk toe gestuur omdat hy Jan Taks daarmee met meer as R3,3 miljoen se BTW ingeloop het.

Emile Scholtz (41) van Dewetsdorp, wat as Waterval Hoenders handel dryf, het voor streeklanddros Rasheed Matthews skuld op twee aanklagte beken dat hy BTW-eise vervals het en nie stawing vir sy eise kon voorsien nie.

In sy pleitverduideliking sê Scholtz hy wou in 2014 ’n hele stoet van sowat 20 perde met opleidingsgeriewe koop.

Hoewel die oorspronklike transaksie nie deurgegaan het nie, eis ek toe BTW op die hele bedrag van R25 080 000.
Emile Scholtz

Hy het ’n belegger van Skotland, James England, gekry wat die geld sou voorskiet. Scholtz sou die stoet bestuur en die perde sou in die buiteland verkoop word.

England het toe onttrek en hy kon toe net ’n deel van die stoet koop, sê Scholtz.

“Hoewel die oorspronklike transaksie nie deurgegaan het nie, eis ek toe BTW op die hele bedrag van R25 080 000.”

Hy sê hy vergeefs gehoop England sal steeds in die oorspronklike transaksie belang stel.

Die bedrae wat hy geëis het, was onderskeidelik R3 080 000 en R288 735.

Adv. Coenie Pieterse het namens Scholtz betoog sy ma het ’n plaas in Zastron wat sy kan verkoop om die geld aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) terug te betaal.

Scholtz het reeds R600 000 terugbetaal en die SAID se skade is dus net R2,7 miljoen.

Matthews het met vonnisoplegging gesê dié soort ernstige misdaad kom heeltemal te veel voor. Die hof moet vonnisse oplê wat as afskrikking vir ander sal dien.

’n Opgeskorte vonnis kan die indruk wek dat Scholtz net ’n onwettige lening van die SAID gekry het.

Adv. Wellington Sampisi het aangekla. Brenda Taitai en Ezra Sesiny van die strafregtelike eenheid van die SAID was die ondersoekers.

Na verneem word, kon Scholtz van die perde wat hy sou gekoop het of wou koop, aan die SAID nie ’n enkele haar of hoef wys nie.

Meer oor:  Dewetsdorp  |  Bedrog  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.