Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Perlemoenstropers’ van Gansbaai bly in aanhouding

Die 48 vermeende perlemoenstropers van Gansbaai wat Donderdag in die Tuinroete Nasionale Park vasgetrek is, bly eers in aanhouding.

Hulle is Donderdag in die Keurbooms-gebied naby Plettenbergbaai in hegtenis geneem.

Die polisie het vroeër gesê oplettende veldwagters van die Tuinroete Nasionale Park en lede van Mosselbaai se seegrenseenheid het die vermeende stropers by die kus naby die Keurboomsrivier opgemerk.

Die polisie het op meer as 142 kg perlemoen beslag gelê.
Die vermeende perlemoenstropers wat Donderdag aan die westekant van die Tuinroete Nasionale Park tussen die Keurboomsrivier naby Plettenbergbaai en Soutrivier in die Tsitsikamma vasgetrek is.

Hulle het die groep, wat duiktoerusting en sakke by hulle gehad het, genader. Die sakke is deurgesoek en daar is op 142 kg perlemoen afgekom. Die perlemoenstropers word ingevolge die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne van 1998 van die onwettige besit van perlemoen aangekla.

Die polisie het beslag gelê op die duiktoerusting en die perlemoen. Die verdagtes is tussen 22 en 55 jaar oud. Hulle het van ’n private eiendom toegang tot die park gekry.

Hulle het Maandag in die landdroshof in Plettenbergbaai verskyn en die saak is tot Donderdag uitgestel.

Die inhegtenisnemings is deel van die polisie se geïntegreerde benadering om die onwettige handel in perlemoen in die Wes-Kaap stop te sit en smokkelsindikate aan bande te lê. Sanparke, die polisie en ander entiteite werk saam aan die projek.

Meer oor:  Gansbaai  |  Plettenbergbaai  |  Verdagtes  |  Perlemoenstropery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.