Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Peuter se vermeende moordenaar laat vaar borgtogaansoek

Die 19-jarige man wat die 15 maande oue Mpho Kgoroyadira glo ontvoer, verkrag en vermoor het, het sy borgtogaansoek, wat Woensdag sou plaasvind, laat vaar.

Hy moet weer op 13 Mei in die landdroshof in Klerksdorp verskyn. Die verdagte se naam word weens wetlike redes weerhou omdat hy van ’n seksuele misdryf aangekla word en nog nie gepleit het nie.

Mpho KgoroyadiraFoto: Verskaf

Die polisie het hom verlede Donderdag in hegtenis geneem, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes.

“Hy is nie verwant of goed bekend aan Mpho se familie nie,” sê Myburgh.

Die verdagte het blykbaar kort ná die meisie se verdwyning op 1 Februarie uit die Jouberton-township naby Klerksdorp die omgewing verlaat. Hy het glo sekere uitlatings teenoor mense gemaak wat hom moontlik in die misdrywe impliseer en is kort daarna vasgetrek, sê Myburgh.

Mpho is tydens ’n inbraak ontvoer uit die huis waar haar ma en dié se vriend in Jouberton woon. Haar lyk is twee weke later onder ’n klip in ’n veld gekry naby die huis waar sy ontvoer is.

Meer oor:  Mpho Kgoroyadira  |  Klerksdorp  |  Baba  |  Hof  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.