Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Piet Retief: Mans in hof vir moord
Daniel Cornelis Malan
Ignatius Michael Steynberg, agter hom is Othard Johann Klingenberg en dan Zenzele Mzikayise Patric Yende. In die agterste ry is dit eers Cornelius Lourens Greyling en dan Daniel Cornelis Malan. Foto: Isabel Venter

Daniel Cornelius Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53) en Ignatius Michael Steynberg (31) het Maandag saam met Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) in die landdroshof in Piet Retief verskyn.

Die sesde verdagte, Werner Potgieter, is nog in die hospitaal.

Hulle staan almal tereg op twee aanklagte van moord op die broers Amos en Zenzele Coka. 

Die aanklagte van ontvoering en poging tot moord hou verband met die voorval op 9 April toe Nhlanhla William Hlatswayo na bewering aangehou en “geboei is en met ’n piksteel geslaan is, geskop en met pepersproei in die oë gespuit is”.

Luidens die voorlopige klagstaat word Malan ook van dwarsboming van die gereg aangekla omdat hy glo geweier het om sy vuurwapen aan die polisie te oorhandig.

Van die aangeklaagdes in die hof in Piet Retief. Foto: Isabel Venter

Al vyf mans het nou aangedui dat hulle hul regte verstaan en dat hulle 'n kort verklaring by die hof wil indien as deel van 'n formele borgtogaansoek.

Die staat staan dié aansoek teen.

Robert Molokoane, namens die staat, het aangevoer die mans het die moorde op die twee broers vooraf beplan.

"Hulle is op 'n tweerigtingradio na die plaas ontbied en het daar opgedaag met wapens en koeëlvaste baadjies," het Molokoane aangevoer.

Die hof het nou vir ’n kort ruk verdaag.

Die landdros het intussen gevra dat die betogers buite die hof gemaan word om stil te wees.

piet retief, hof, moordsaak
Die betogers buite die hof. Foto: Melinda Stuurman
Skokgranate buite hof afgevuur

Verskeie groepe, onder andere die ANC-vroueliga en EFF, het vroegoggend na die hofgebou opgeruk.

Die polisie het rolle lemmetjiesdraad oral om die hof gespan om die betogers van die hof af weg te hou.

Die polisie het in 'n stadium skokgranate gegooi en 'n klein groepie betogers het bakstene begin gooi.

hof, piet retief, lemmetjiesdraad
Die polisie het lemmetjiesdraad gespan om die betogers by die hof weg te hou. Foto: Melinda Stuurman

Meer oor:  Moord  |  Hof  |  Misdaad  |  Piet Retief-Voorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.