Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Plaasaanvaller wat vrou verkrag, kry 22 j. tronkstraf

’n Plaasaanvaller wat ’n vrou in 2019 in ’n plaashuis in die Oos-Kaap verkrag het, is effektief 22 jaar tronkstraf opgelê.

Anele Tonze (33) is Maandag in die hooggeregshof in Makhanda gevonnis op agt aanklagte van onder meer verkragting, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Anelisa Ngcakani, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê in ’n verklaring die klagte hou verband met ’n voorval van 13 September 2019 toe Tonze by ’n plaashuis in Cove Rock, Oos-Londen, ingebreek het.

Die hof het gehoor Tonze het binne die huis ’n pistool, ammunisie en ander waardevolle goedere gesteel voordat hy na ’n woonstel op die plaas beweeg het.

Hier het Tonze die woonstel se voordeur oopgebreek en

’n 35-jarige vrou binne die woonstel met die gesteelde vuurwapen gedreig, waarna hy haar verkrag het.

Hierna het Tonze die vrou se hande agter haar rug met ’n kabel vasgebind en die woonstel vir waardevolle goedere deursoek.

Terwyl hy binne die woonstel besig was, het die plaaseienaar (65) met sy voertuig op die erf stilgehou.

Tonze het die woonstel verlaat en die eienaar met die gesteelde vuurwapen gekonfronteer. Tonze het op ’n kort afstand twee keer die vuurwapen se sneller getrek, maar die skote het nie afgevuur nie. Tonze het toe in die rigting van die hoofhuis gehardloop, waar hy ’n skoot afgevuur en gevlug het.

Hy is later in hegtenis geneem.

Ngcakani sê regter John Smith het tydens sy vonnisoplegging gesê hy neem kennis van Tonze se moeilike kinderjare, maar sê dit kan nie as ’n verskoning vir sy misdadige optrede dien nie.

Tonze is as volggevonnis:

• verkragting: 15 jaar,

• roof met verswarende omstandighede: 15 jaar,

• oortreding van die Wet op die beheer van Vuurwapens: tien jaar,

• oortreding van die Wet op die beheer van Vuurwapens: drie jaar,

• poging tot moord: sewe jaar,

• poging tot verkragting: ses jaar,

• huisbraak met die doel om te steel: vyf jaar,

• huisbraak met die doel om te verkrag: vyf jaar.

Buiten vir die poging tot moord-vonnis, sal die res van die vonnisse samelopend uitgedien word.


Meer oor:  Anele Tonze  |  Cove Rock  |  Oos-Londen  |  Plaasaanval  |  Hof  |  Plaasaanvaller  |  Misdaad  |  Verkragting  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.