SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Hof
Plaasaanvallers kry lang tronkstraf
’n Bebloede Danie Theron kort nadat hy op sy plaas aangeval is.

Drie mans wat ’n boer in ’n plaasaanval buite Edenburg in die Vrystaat met ’n yster oor die kop geslaan het, gaan jare agter tralies deurbring.

Freddy Mokhesi (24), Oupa Dikila (24) en Hendrik Dada Booysen (23) is in die streekhof in Bloemfontein vir die aanval op Danie Theron (51) van die plaas Bergfontein gevonnis.

Mokhesi, wat voorheen tronkstraf vir verkragting uitgedien het, is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan hy 16 jaar moet uitdien. Dikila moet 12 jaar van sy vonnis van 17 jaar agter tralies uitdien. Booysen is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis en moet tien jaar en ses maande uitdien. Hy was tydens die aanval op parool vir ’n inbraak in 2013.

Streeklanddros Marina Voges het hulle aan poging tot moord, huisroof en huisbraak skuldig bevind.

Theron was op Moedersdag in 2015 alleen by die huis. Sy dogter, Deniel (17), ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Eunice, het die naweek by sy suster Annelien Liebenberg in Bloemfontein gekuier.

Die mans het die dag voor die aanval by ’n plaaswerker se huis ingebreek en Theron die volgende oggend vanaf ’n koppie op die plaas dopgehou.

Danie Theron en sy dogter, Deniel (17), in die Mediclinic Bloemfontein nadat hy in 2015 op sy plaas aangeval is.Foto: Mlungisi Louw

Toe Theron te perd na sy skape is, het die drie by die plaashuis ingebreek en dit geplunder. Hulle het die kluis oopgebreek en sy beursie met R1 500 gesteel.

Theron is aangeval toe hy teruggekeer het en by die huis ingestap het. Hy kon egter daarin slaag om vier skote met sy rewolwer af te vuur en die aanvallers het gevlug.

Mokhesi, Dikila en Booysen is kort daarna aangekeer.

Genl.maj. Puleng Dimpane, waarnemende provinsiale polisiehoof, het ao. Billa Benadé, konst. Lehlohonolo Nkepane en ao. William Beck, bedank vir hul goeie werk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.