Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Plaasmoord: 5 hou vol hulle is onskuldig

Die vyf vermeende moordenaars van ’n bejaarde egpaar van Bela-Bela (Warmbad) wat in September 2017 vermoor is, hou vol hulle is onskuldig.

Pattie Peterson (73) en haar man, Cecil (83), is op 13 September 2017 op hul plaas, TNT Trading, buite Bela-Bela aangeval terwyl hulle ontbyt geëet het.

Pattie Peterson (73) is in 2017 in 'n plaasaanval in Limpopo vermoor.

Pattie is in haar maag en kop geskiet. Cecil het sy bloeiende vrou probeer wegsleep van die vyf mans toe hy in sy gesig geskiet is. Pattie is in die plaashuis dood en Cecil is etlike weke later in ’n Pretoriase hospitaal aan sy beserings dood.

Boitumelo Mathebula (28), Mpho Nkonyana (23), Tshepo Tebula (39) en Thato Maringa (33) is op 29 September 2017 in Hammanskraal, noord van Pretoria, in hegtenis geneem.

Lucas Maringi (49) van Modimolle is op dieselfde dag in ’n gesamentlike operasie van die polisie en Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbestrydingsorganisasie, in hegtenis geneem.

Hulle is borgtog geweier en is sedert hul inhegtenisneming in aanhouding.

Die vyf mans se verhoor het Dinsdag in die rondgaande hof in Lephalale (Ellisras) begin. Hulle het skuld ontken op al die aanklagte teen hulle.

Hulle staan tereg op onder meer twee aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die onwettige besit van ammunisie.

Pattie Peterson (73) en haar man, Cecil (83), is in 2017 in Limpopo vermoor.

Luidens die klagstaat het hulle op die dag wat die Petersons aangeval is, eers een van die plaaswerkers oorval toe hy vir werk opgedaag het. Hulle het die man glo in ’n gebou toegesluit en toe glo die huishulp oorrompel en haar gedwing om die huis vir hulle oop te sluit.

Die mans het glo met geld wat in Pattie se handsak was, selfone en wapens gevlug.

Meer oor:  Bela-Bela  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.