Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Plaasmoorde: Beskuldigdes wil nou wel borgtog vra

Die vermeende moordenaars van Sakkie (67) en Ina (62) van der Berg van ’n plaas buite Boshof in die Vrystaat het in ’n onverwagse wending aansoek om borgtog gedoen nadat hulle in Julie verlede jaar hul aansoek laat vaar het.

Sakkie (67) en Ina (62) van der Berg is verlede jaar op ’n plaas buite Boshof vermoor. Foto: Verskaf

Een van die vier mans, Lolo Sekgoro (41), word ook daarvan aangekla dat hy in April 2018 by ’n plaasaanval op Japie en Emma van den Berg van Hertzogville betrokke was. Japie, ’n melkboer, is intussen oorlede.

Sekgoro was ook voorheen in verband met twee ander plaasaanvalle aangekla.

Die ondersoek na die een aanval het doodgeloop terwyl die slagoffers van die ander aanval geëmigreer het voordat ’n verhoor kon plaasvind.

Sekgoro was ten tyde van die moorde op die Van der Bergs op borgtog vir die aanval op die Van den Bergs.

Sekgoro, Sidas Lephele (44), Tsekiso Selwane (28) en Kat Thami (34) word daarvan aangekla dat hulle die Van der Berg-egpaar op 12 Julie verlede jaar op die plaas Bloubos met hul eie vuurwapen vermoor het.

Die mans het met hul hofverskyning op 25 Julie gesê hulle gaan nie aansoek om borgtog doen nie.

’n Groot aantal boere het op dié dag die hofsaak bygewoon om beswaar teen die toestaan van borgtog te maak.

Lolo Sekgoro word ook daarvan aangekla dat hy by ’n ander plaasaanval betrokke was terwyl twee ander ondersoeke in verband met plaasaanvalle teen hom doodgeloop het.Foto: verskaf

Hannes de Jager, ’n veiligheidskoördineerder in die gebied, sê hy het nou verneem dat die vier Vrydag in die plaaslike landdroshof aansoek om borgtog gaan doen.

Nadat Sekgoro van die aanval op die Van den Bergs aangekla is, is hy borgtog geweier, maar hy het hom daarna tot die hooggeregshof gewend waar hy op borgtog van R1 200 vrygelaat is.

De Jager sê Sekgoro en sy medebeskuldigdes word glo sover hy weet ook met veediefstal in die Wes-Vrystaat verbind.

De Jager het ’n beroep op boere, die breë publiek en landbou-organisasies gedoen om teen die toestaan van borgtog aan die mans beswaar te maak.

Dr. Jane Buys, ’n risiko-en-veiligheidsanalis van Vrystaat Landbou (VL), sê die organisasie is bereid om in die borgtogverhoor te getuig indien dit nodig sou wees.

Buys sê VL sal beslis die gemeenskap ondersteun om borgtog teen te staan.

De Jager sê mense wat hom wil nader om griefskrifte by die hof in te dien, kan hom by 083 605 8721 bel of ’n WhatsApp-boodskap stuur.


Meer oor:  Sakkie Van Der Berg  |  Boshof  |  Borgtogaansoek  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.