Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Plaasvoorman skiet glo tienerseun in mielieland

’n Plaasvoorman van Viljoenskroon het Maandag in die landdroshof verskyn op ’n aanklag van poging tot moord nadat hy glo ’n jong “mieliedief” geskiet het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens, twee selfone, asook die voertuig waarmee Willem van der Merwe (21) en nog mense gery het.

Makhele sê ’n 16-jarige seun en sy vriende was Woensdag omstreeks 18:00 in ’n mielieland op ’n plaas buite Viljoenskroon toe ’n groep mans op ’n bakkie na bewering op hulle geskiet het.

Die seun en sy vriende wou glo mielies steel.

Die seun is in sy maag getref, waarna sy vriende gevlug het.

Hy sê die seun is deur die groep mans op die bakkie gelaai en na bewering aangerand en verneder.

’n Tienerseun is volgens die polisie in ’n mielieland naby Viljoenskroon in sy maag geskiet en na ’n hospitaal in Kroonstad oorgeplaas.Foto: Alet van der Walt

Luidens inligting is ’n video van die voorval gemaak.

Die seun is by ’n T-aansluiting naby die plaas afgelaai waar ’n verbyganger hom opgemerk en gehelp het.

Makhele sê hy is in die plaaslike hospitaal behandel, maar later na ’n hospitaal in Kroonstad oorgeplaas.

Die voorval is Donderdag aangemeld en Van der Merwe is in hegtenis geneem.

Makhele sê Van der Merwe sal weer op 24 Februarie in die hof verskyn wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Meer oor:  Willem Van Der Merwe  |  Viljoenskroon  |  Geskiet  |  Dief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.