Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Plaaswerker steek glo meisie, seun (2) met mes dood

’n Plaaswerker van Bethulie in die Vrystaat wat homself aan die polisie oorgegee het nadat hy sy meisie en hul tweejarige seun met ’n mes doodgesteek het, bly vir tyd en wyl agter tralies.

James Rhawuta Saakman (34) het Dinsdag weer in die plaaslike landdroshof verskyn, en sy borgtogaansoek is tot volgende week uitgestel.

Saakman, ’n werker op die plaas Driefontein, het homself Sondag aan die polisie oorgegee, op dieselfde dag wat hy na bewering sy 23-jarige meisie en nul tweejarige seun, wie se name nog nie bekend gemaak is nie, ná ’n rusie met ’n mes gesteek het.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saakman omstreeks 05:30 ’n mes uitgehaal en sy meisie in die bolyf en nek daarmee gesteek. Hy het daarna ook hul seuntjie in die nek met die mes gesteek.

“Sowel die ma as kind het op die toneel aan hul wonde beswyk.”

Makhele sê in die stadium is dit nie bekend waaroor die rusie gegaan het nie en vorm dit deel van die polisieondersoek. Volgens Makhele het Saakman en sy vriendin voor die rusie alkohol gedrink.

Saakman het Maandag vir die eerste keer op twee aanklagte van moord in die hof verskyn.

Sy formele borgtogaansoek word na verwagting volgende Maandag aangehoor.

Meer oor:  Bethulie  |  Misdaad  |  Gesinsgeweld  |  Moord  |  Hof  |  Plaaswerker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.