Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pleegpa kry 50 jaar ná hy meisies in sy sorg verkrag

’n Pleegpa van twee meisies van 11 en 12 jaar oud is tot 50 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy deur die streekhof in Worcester in die Wes-Kaap skuldig bevind is aan verkragting.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het Donderdag in ’n verklaring gesê die 65-jarige Charles Stevens is 25 jaar tronkstraf opgelê vir elkeen van die verkragtings. “Die hof het beveel dat die vonnisse aaneenlopend uitgedien word,” het Ntabazalila gesê.

“Die twee meisies is weens maatskaplike omstandighede by hul ouers verwyder en in die pleegsorg van Stevens en sy vrou geplaas. Stevens het die meisies op 3 Maart 2018 en 11 Maart 2018 verkrag. Sy vrou was nie daarvan bewus nie, omdat dit gebeur het terwyl sy geslaap het,” het Ntabazalila gesê.

Stevens het die meisies daarna gedreig dat hulle tronk toe sal gaan as hulle iets sou sê en hulle ook lekkers en geld aangebied om stil te bly.

“Die mishandeling het aan die lig gekom toe die 12-jarige ’n gesondheidswerker daarvan vertel het nadat sy siek geword het by die skool. Die 11-jarige is ook deur die polisie ondervra. ’n Mediese ondersoek het bevestig wat gebeur het.”

Die meisies is onmiddellik uit die huis verwyder en na ’n plek van veiligheid geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.