Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
POF moet meer as R7 m. opdok aan oud-Springbok
Lize-Mari Verster Foto: Verskaf

Die Padongelukkefonds (POF) moet aan ’n oud-Kovsie en voormalige Springbok-waterskiër meer as R7 miljoen betaal nadat sy haar rug in ’n motorbotsing in Bloemfontein ernstig beseer het.

Lize-Mari Verster (27) van Dan Pienaar in die stad wat ’n student in Menslike Bewegingswetenskap in haar finale jaar aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) was, se drome om ’n biokinetikus te word is deur die ongeluk die nag van 28 Januarie 2012 in Eerstelaan in die stad verpletter.

Sy was ’n Springbok in kaalvoetwaterski, maar kan na die ongeluk aan geen sport deelneem nie. Sy kan nie eens fiksheidsoefeninge in ’n gimnasium doen nie.

Sy het haar graad aan die UV voltooi, maar nie verder gestudeer, soos sy beplan het nie. Weens die probleme met haar rug doen sy ook net ’n halfdagwerk drie dae ’n week.

Lize-Mari Verster (27) van Dan Pienaar, Bloemfontein, moet meer as R7 miljoen van die padongelukkefonds (POF) ontvang nadat haar rug in 2012 in ’n motorongeluk beseer is. Foto: Verskaf

Luidens deskundige hofverslae het sy steeds knaende rugpyn en is haar loopbaanvooruitsigte en -drome daarmee heen. Die moontlikheid dat die pyn kan vererger, is ’n werklikheid. Sy kan geen handewerk doen nie en sal waarskynlik 10 jaar vroeër moet aftree.

Die R7 003 085 wat nou aan haar toegeken is, is vir die verlies aan toekomstige verdienste.

Sy is die dogter van Danie Verster, ’n bekende boer en sakeman van Bloemfontein.

Sy was die aand van die ongeluk ’n passasier in die motor wat deur haar suster, Linda, bestuur is toe dit teen die aankomende motor van André Kleynhans gebots het.

Waarnemende regter Ilse van Rhyn het by ooreenkoms tussen die partye gelas dat die POF ook haar regskoste en die koste van haar deskundige getuies moet betaal.

Lize-Marie het reeds verlede jaar R732 250 vir algemene skade en mediese koste van die POF gekry.

Henry Buchner van Honey-prokureurs is haar prokureur. Maduba-prokureurs was die POF se prokureurs.

Meer oor:  Pof  |  Springbok  |  Padongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.