Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
POF moet meer as R8 m. opdok ná ongeluk in 2011

Die Padongelukkefonds (POF) moet meer as R8 miljoen aan ’n man betaal nadat ’n motor hom in die fleur van sy lewe in Bloemfontein omgery en daardeur sy hele toekoms verwoes het.

Regter Martha Mbhele het in die hooggeregshof in Bloemfontein beveel die POF moet ook Hein van Pletzen (34), wat op die punt was om ’n dieselwerktuigkundige te word, se regskoste en die koste van sy sewe deskundige getuies betaal.

Die POF is ook gelas om ’n onderneming te gee om enige verdere mediese behandeling, voortspruitend uit die ongeluk die aand van 25 Februarie 2011, te betaal.

Hy was ’n sosiale mens met vriende en het daarvan gehou om kitaar te speel en te teken. Weens sy koördinasieprobleme kan hy dit nie meer doen nie.

Vir verlies aan sy vermoë om geld te verdien, moet die POF aan Van Pletzen R6,1 miljoen betaal. Vir algemene skade moet hy R2,1 miljoen en vir mediese koste R48 750 kry.

’n Motor het hom omgery en die bestuurder het weggery.

Die POF moet ook die koste vir die oprigting van ’n trust om sy geld te bestuur en ook die gelde van die trustees betaal.

Mbhele het in haar uitspraak gesê die getuienis toon Van Pletzen is permanent gestrem en het ernstige verstandelike en fisieke gebreke oorgehou.

Sy loopbaan, sosiale en gesinslewe is heeltemal vernietig. Hy het gereelde toesig en verpleging nodig. ’n Neuroloog is van mening dat hy in die toekoms epileptiese aanvalle kan kry.

Luidens getuienis was hy voor die ongeluk ’n gesonde en hardwerkende jong man wat op die punt was om as ’n werktuigkundige te kwalifiseer.

Hy was ’n sosiale mens met vriende en het daarvan gehou om kitaar te speel en te teken. Weens sy koördinasieprobleme kan hy dit nie meer doen nie.

Nou is hy eensaam en sonder vriende.

Luidens die mediese verslae oor hom is sy breinskade so erg dat hy nooit weer die ope arbeidsmark sal kan betree nie.

Ná die ongeluk was hy ’n maand lank in ’n koma weens kopbeserings. Hy het benewens ernstige breuke aan sy onderkaak sy regteroog beseer en sy regteronderbeen gebreek.

Ná sy ontslag uit die hospitaal was hy drie maande aan ’n rolstoel gekluister.

Adv. Marthinus Steenkamp, in opdrag van Wynand Flemming van Bezuidenhouts-prokureurs, het vir Van Pletzen opgetree. Adv. André Sander het vir die POF opgetree.

Meer oor:  Padongelukkefonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.