Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
POF moet opdok ná ongeluk in hawe

Daar is lig aan die einde van die tonnel vir ’n ma van vier kinders nadat sy haar lewensmaat in ’n ongeluk in die Kaapstad-hawe verloor het.

Thandiswa Linah Mbele het op 20 Februarie 2010 Simpiwe Robert Makutoana, haar lewensmaat en pa van haar vier kinders van tussen vyf maande en nege jaar oud, aan die dood afgestaan nadat hy deur ’n stapelmasjien (wat gebruik word om vraghouers te hanteer) raakgery is.

’n Voorstelling van ’n stapelmasjien wat volgens die Padongelukfonds nie as ’n voertuig geklassifiseer kan word nie.

Makutoana het as ’n stuwadoor (dokwerker) in die hawe gewerk.

Chris Smit van DSC Attorneys sê in ’n verklaring Mbele het in 2010 ’n eis by die Padongelukkefonds (POF) ingedien vir die verlies wat sy ná sy dood ly.

Die POF het haar eis van die hand gewys en gesê ’n stapelmasjien word nie as ’n voertuig ingevolge die wet op padongelukfonds erken nie en daarom hoef hulle nie die eis uit te betaal nie.

“Mbele moes die hof nader om die POF se besluit te betwis,” sê Smit.

Die verhoor was in Junie 2016 en die hooggeregshof het in November 2017 uitspraak gelewer waarin hy die POF se standpunt ondersteun het.

Smit het die saak op appèl geneem en ’n volbank regters het die uitspraak ter syde gestel en bevind die POF is verantwoordelik vir die eis.

“Die kinders is nou tussen nege en 18 jaar oud en moes al nege jaar lank sonder ’n pa leef. Ek hoop, nadat hulle hierdie uitdaging oorkom het, sal hulle spoedig kry wat hulle verdien.”

Smit sê dit lyk egter of dit nog ’n wyle sal wees voordat dit sal gebeur omdat die POF nog nie die volbank regters se uitspraak nagekom het nie en nou dreig om die appèlhof te nader.

“Dit sal tyd en geld neem, wat die proses om Mbele en haar kinders se vergoeding te kry, sal vertraag,” sê Smit in die verklaring.

Dit sal tyd en geld neem, wat die proses om Mbele en haar kinders se vergoeding te kry, sal vertraag.

Die POF wil die uitspraak na die appèlhof toe neem gegrond op die een feitebevinding oor of die stapelmasjien as ’n voertuig geklassifiseer kan word of nie.

Smit sê in die uitspraak maak die regters dit duidelik dat elke saak op sy eie meriete beoordeel moet word. Hy voer verder aan dit is duidelik in hierdie saak dat die voertuig wat in dispuut is, wel ingesluit word om by die POF te kan eis.

“Dit is frustrerend om te dink dat Mbele se regskoste wat ontstaan het deur die POF wat haar aanvanklike eis betwis het, nou al meer as die eis is,” sê Smit.

Meer oor:  Pof  |  Kaapstad  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.