Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pofadder: Vrou bid glo elke dag vir polisielede
Brig. Dick de Waal en lt.kol. Sandra Boshoff neem Suretha Brits (30) Woensdag 31 Maart na die hof in Pofadder. Foto: Verskaf

Suretha Brits (30), vrou van die vermoorde Leon Brits (41), hotelier en deeltydse boer van Pofadder, bid elke dag vir die personeel van die Pofadder-polisiekantoor.

So sê Mari Bothma, bestuurder van die Pofadder Hotel.

Brits sal Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

Brig. Dick de Waal, hoof van die Noord-Kaapse polisie se eenheid teen ernstige georganiseerde misdaad, het haar verlede Maandag in ’n klandestiene operasie by haar huis in Marchand in hegtenis geneem.

Die nuus van haar beweerde betrokkenheid by haar man se moord op 7 Oktober verlede jaar het tot ’n warboel van emosies in die Boesmanland gelei.

Ek glo glad nie dat sy by die moord betrokke kon wees nie.

Haar inhegtenisneming het gevolg op Jacques van Vuuren (37) se bewerings in ’n pleitooreenkoms dat sy hom R400 000 aangebied het om die moord te pleeg of om iemand te huur dit te doen.

Van Vuuren is op 25 Maart vir sy aandeel in die moord tot 25 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar vir vyf jaar opgeskort is.

Brits het Woensdag vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en meineed.

Rapport het berig dat haar “lyfwag”, wat slegs as John aan die hotelpersoneel bekend is, sy liefde vir haar uitbasuin het toe sy uit die hof gelei is.

Volgens ’n ingeligte bron wat anoniem wil bly, was dit egter ’n familielid van haar wat vir haar geskree het: “I love you, ek is lief vir jou, I love you.”

Hy het tydens haar hofverskyning agter haar gesit.

Ek weet net dat sy elke dag vir almal daar bid.

Netwerk24 kon nie Dinsdag daarin slaag om die sogenaamde lyfwag op te spoor om die bewerings te bevestig nie.

Luidens inwoners van Marchand het hulle hom nog nie weer ná Brits se laaste hofverskyning gesien nie.

Mari Bothma, die hotel se bestuurder, het gesê hy het nooit enige kontak met die hotel se personeel gehad of met hulle gepraat nie.

“Ek ken hom slegs as John. Hy het maar net saam met Suretha beweeg en haar opgepas, maar nooit met ons gepraat nie. Hy is baie privaat.”

Verskeie inwoners van Marchand het gesê die geheimsinnige man is nie ’n inwoner nie en niemand daar ken hom nie.

Bothma het gesê sy weet nie hoe dit met Brits gaan terwyl sy in die polisieselle in Pofadder aangehou word nie.

“Ek weet net dat sy elke dag vir almal daar bid.”

Sy het weer beaam dat sy in Brits se onskuld glo en haar ondersteun.

“Ek glo glad nie dat sy by die moord betrokke kon wees nie. As mense net ’n dag lank in Suretha en Leon se geselskap kon wees, sou hulle gesien het hoe ’n goeie verhouding hulle gehad het. Ons werk lekker hier en begin ons dae met godsdiens.”

Meer oor:  Leon Brits  |  Suretha Brits
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.