Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisie boender bendelede uit hof in Jhb

Lede van vyandiggesinde bendes in Westbury het Woensdag chaos in die landdroshof in Johannesburg veroorsaak toe twee van hul voorbokke in die hof verskyn het.

’n Man word Woensdag by die landdroshof in Johannesburg deur polisiebeamptes vir ondervraging ingeneem. Foto: Werner Beukes
’n Geboeide man word deur ’n polisiebeampte in die gange van die landdroshof in Johannesburg weggelei. Foto: Werner Beukes
Die man is na ondervraging deur die polisie vrygelaat. Foto: Werner Beukes

Toe Leeroy “Finch” Brown en Keenan Ebrahim in verskillende howe verskyn op moordaanklagte, het bendelede op mekaar begin skree in die gange van die landdroshof.

Ebrahim het verskyn in verband met die moord op Bradley Sauls, wat in 2018 doodgeskiet en met ’n motor omgery is. Brown het aansoek om borgtog gedoen. Hy staan tereg weens die moord op Reagan Jacobs in April.

Die polisie het die groep mense uit die hofgebou verwyder. ’n Man is deur polisiebeamptes op die grond vasgehou terwyl hulle hom in boeie gesit en toe weggelei het.

Daar is geen wapens gevind by die mense wat uit die hofgebou verwyder is nie.
Mbele

“Ek kan bevestig dat daar ’n konfrontasie tussen twee groepe mense in die hof se gange was,” het kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die Johannesburg Sentraal-polisiekantoor, by navraag aan Netwerk24 gesê. “Ons het ’n man ingeneem vir ondervraging, maar hy is later laat gaan. Daar is geen wapens gevind by die mense wat uit die hofgebou verwyder is nie,” het Mbele gesê.

“Brown se saak is tot Vrydag uitgestel sodat ’n datum vir ’n formele borgaansoek vasgestel kan word,” het Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Mjonondwane wou haar nie uitlaat oor die veiligheidsrisiko by die landdroshof nie. Mbele het gesê veiligheidsmaatreëls by die landdroshof sal beslis Vrydag opgeskerp word.

Meer oor:  Westbury  |  Moord  |  Hofsaak  |  Bendelede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.