Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisie dink sy’s ‘gek’ toe sy kla haar man sny klitorisse af
Anna-Mart Dreyer, ’n maatskaplike werker. Tshidi Molise het haar vertel haar man sny vroue se klitoris af en bêre dit in sy vrieskas. Foto: Alzane Narrain

Die polisie het gedink die vrou van ’n Deense wapenhandelaar van Bloemfontein is “gek” toe sy sê haar man, Peter Frederiksen, het haar klitoris asook dié van verskeie ander vroue afgesny.

Uit getuienis in die Bloemfonteinse hooggeregshof blyk dit dat polisielede van die Bainsvlei-polisiekantoor nie na Tshidi Molise (28) wou luister nie en haar weggewys het.

Frederiksen het in September 2015 groot opslae gemaak toe die polisie klitorisse in die vrieskas in sy meenthuis in Langenhovenpark in Bloemfontein gevind het.

Nadat hy in hegtenis geneem is, is sy vrou in ’n aanval in Maseru, Lesotho, doodgeskiet.

Hy word aangekla van sameswering om haar te vermoor.

Anna-Mart Dreyer, ’n maatskaplike werker van Kinderwelsyn Bloemfontein het Woensdag voor regter Johann Daffue getuig oor ’n onderhoud wat sy met Molise gevoer het.

Frederiksen het Molise glo een aand bedwelm en sonder haar toestemming ’n “oorbel” deur haar geslagsdeel gesteek.

Dreyer het gesê Molise was baie kwaad omdat Frederiksen haar “geskend en ’n deel van haar lewe beëindig het”.

Molise het gesê Frederiksen het haar een aand bedwelm en sonder haar toestemming ’n “oorbel” deur haar geslagsdeel gesteek.

Hy het haar daarna op ’n ander keer ’n drankie gegee. Sy het lomerig geraak en net voordat sy haar bewussyn verloor het, het hy vir haar gesê: “Ek het jou, ek het jou.”

Sy het geweet Frederiksen sny haar omdat sy intense pyn ervaar het. Toe sy wakker word, was daar baie bloed.

Sy het probeer om ’n klag teen haar man by die Bainsvlei-polisie aanhangig te maak maar niemand wou na haar luister nie, het Dreyer getuig.

Peter Frederiksen in die beskuldigdebank.Foto: Alzane Narrain

“Hulle het gedink sy is mal en het haar nie geglo nie. Die polisie het haar weggewys en gesê hulle sal met haar man praat.”

Volgens haar het Molise gesê haar man het verskeie kere mense gekry om haar te vermoor omdat sy te veel weet. Sy het ook gesê dat Frederiksen dwelms, medikasie en naalde in sy yskas het, en dat hy vroue bedwelm en hul klitorisse sny.

Dreyer het gesê Molise het gesê hy neem foto’s en beeldmateriaal wanneer hy dit doen en hou die afgesnyde klitorisse in die vrieskas as trofeë.

Dreyer het daarna die polisie ontbied. Van die manlike polisiebeamptes het Molise nie geglo nie.

Nadat die polisie Frederiksen se huis deursoek het, het hulle haar gekontak en gesê: “Dit is waar, daar is menslike weefsel in die vrieskas.”

Hy is daarna in hegtenis geneem.

Adv. Amanda Bester kla aan.

Marius Bruwer tree in opdrag van Steenkamp en Jansen-prokureurs vir Frederiksen op.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Peter Frederiksen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.