Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisie-egpaar in hof wat glo diesel uit polisievoertuie steel

Twee polisiebeamptes van Springbok in die Noord-Kaap het Maandag in die landdroshof op die dorp verskyn nadat hulle na bewering diesel uit polisievoertuie gesteel het.

Foto ter illustrasie.Foto: André Damons

Die egpaar, konst. Warren Le-roy Mentoor (38) en konst. Laurice Anegrid Mentoor (37), het vlugtig in die hof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat. Hulle moet weer op 26 Februarie in die hof verskyn.

Die egpaar het op aanklagte van diefstal, bedrog, korrupsie en regsverydeling in die hof verskyn.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, sê die paartjie is Sondag in hegtenis geneem nadat beamptes van die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad, die polisie se eenheid vir openbare orde en die plaaslike rekordsentrum van Springbok op inligting gereageer het.

Hulle is by hul huis op die dorp aangekeer en was nie aan diens nie.

Volgens Mnisi het die beamptes na bewering sedert Julie verlede jaar diesel uit polisievoertuie gesteel en dit in hul eie voertuig oorgetap.

Tydens die inhegtenisname het die polisie ’n 20 liter-houer, ’n rubberpyp en sewe tweeliter-bottels gekonfiskeer.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Springbok  |  Diefstal  |  Aanklagte  |  Bedrog  |  Egpaar  |  Hof  |  Steel  |  Korrupsie  |  Diesel  |  Regsverydeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.