Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisie is slaggereed in Senekal

Wie ook al Vrydag in Senekal wil moeilikheid maak, sal by ’n vasberade polisiediens verby moet kom.

Polisielede van oor die Vrystaat heen en selfs uit Gauteng was reeds Donderdag in die dorp ontplooi om Vrydag die vrede te bewaar. Buite die dorp is padversperrings opgerig om seker te maak mense hou by die Vuurwapenwet.

Niemand sal blykbaar toegelaat word om met ’n vuurwapen enige van die drie byeenkomste by te woon nie.

Julius Malema, EFF-leier, met sy volgelinge gaan in die dorp byeenkom “ter beskerming van die demokrasie”.

Dié groep is die naaste aan die hofgebou waar die plaasvoorman Brendin Horner (22) se vermeende moordenaars verskyn.

Sowat ’n kilometer weg gaan nog ’n groep teen die hoofpad vergader. AfriForum-lede kom by die kommandokantore byeen. Nie een van die groepe sal toegelaat word om in die dorp rond te beweeg nie en ’n sterk polisieteenwoordigheid behoort Vrydag te verseker dat mense by die reëlings hou.

Inwoners van die dorp het Donderdag midde die voorbereidings met hul dagtake aangegaan en gesê hulle het gebid dat dinge vreedsaam verloop.

Die meeste winkels sal Vrydag om veiligheidsredes gesluit wees.

'n Padversperring is net buite Senekal op die pad na Bethlehem opgerig. Foto: Alet van der Walt

Meer oor:  Senekal  |  Brendin Horner  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.