Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisie moet reserviste oplei en gebruik, sê hof

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) moet kragtens ’n hofinterdik sy reserviste in Kameeldrift, Gauteng, oplei en inspan om misdaad te bekamp.

AfriForum het Woensdag namens 11 reserviste van die Kameeldrift-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ’n hofaansoek ingedien dat die reserviste die wetsvereiste bevoegdheidsopleiding kry.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Woensdag buite die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Isabel Venter

Die polisie het nie die aansoek teengestaan nie.

AfriForum sê in sy hofstukke die polisie in Kameeldrift sloer al sedert 2016 om sy reserviste op te lei of vir heropleiding te stuur.

Dit veroorsaak dat die reserviste die SAPD nie na behore kan help in die stryd teen misdaad nie.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is Kameeldrift ’n misdaad-probleemgebied.

“Ons almal weet van Naka Drotské se skietvoorval, en so kan die lys aangaan. Daar is net nie voldoende vermoë en soms ook nie voldoende vaardighede om misdaad te bekamp nie,” sê Cameron.

Volgens Cameron het die SAPD op verskeie geleenthede aangedui hy beskik nie oor die mannekrag om sy grondwetlike mandaat uit te voer om burgers veilig te hou nie. “Hierdie hofuitspraak bemagtig reserviste en verseker dat daar ’n groter teenmisdaadmag is.”

Die hofinterdik verplig nou die SAPD om toe te sien dat reserviste in Kameeldrift die bevoegdheidsheropleiding voltooi, soos vereis deur die Wet op die Beheer van Vuurwapens, asook die SAPD se nasionale instruksie drie van 2014.

Cameron het buite die hof gesê die bevel baan die weg vir AfriForum om soortgelyke aansoeke op ’n nasionale vlak in te dien.

“Kan jy jou indink watter invloed die polisie op misdaad kan hê as hy reserviste kan inspan,” sê Cameron.

Hy sê van 2010 tot 2018 was daar ’n 83%-afname in die getal reserviste landwyd.

Brig. Vish Naidoo, nasionale woordvoerder, sê die polisie sal die hofbevel bestudeer en later kommentaar lewer.

Meer oor:  Sapd  |  Ian Cameron  |  Kameeldrift  |  Gauteng  |  Hofuitspraak  |  Polisie  |  Opleiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.